Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Archive for the ‘Book Excerpts’ Category

Willie Esterhuyse onthou sy geheime gesprekke met Thabo Mbeki (Plus: Uittreksel)

 
EindstrydWillie Esterhuyse bewaar steeds die notatjie wat Thabo Mbeki tydens ‘n geheime ontmoeting in 1989 in Londen aan hom oorhandig het.

“Wat ook vir my fantasties was, en ek raak daaroor wel ’n bietjie sentimenteel, is hy skryf toe vir my in Afrikaans,” het Esterhuyse aan Murray la Vita gesê tydens ‘n onderhoud oor sy boek Eindstryd: Geheime gesprekke en die einde van Apartheid.

Esterhuyse was een van die lede van die Afrikaanse “binnekring” wat op versoek van die Nasionale Intelligensiediens geheime gesprekke met ANC-leiers gevoer het, as voorloper tot die onderhandelinge wat tot die nuwe Suid-Afrika gelei het:

’n Oproep uit Pretoria het ’n Stellenbosse filosoof se lewe, en die koers van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, onherroeplik verander.

Prof. Willie Esterhuyse staan in sy studeerkamer met ’n wit plastiekroomysbak in die hand.

Daaruit haal hy twee stukke papier. Een is ’n A4-groot gelinieerde vel aan albei kante gevul met woorde in swart ink. Dit is sy handskrif.

Lees uittreksels uit Eindstryd waarin Esterhuyse onder meer beskryf hoe Winnie Mandela op ‘n vliegtuig met NP-minister Kobie Coetsee gaan gesels het, waarna hy besluit het om Nelson Mandela in die hospitaal te gaan besoek:

Dis een van die groot historiese ironieë van Suid-Afrika se oorgangsproses na ’n inklusiewe demokrasie: Die vurige en charismatiese Winnie Mandela, toe nog die vrou van die politieke gevangene Nelson Mandela, gooi ’n tou uit na die NP-minister Kobie Coetsee, ’n gebeurtenis wat eindelik sou lei tot Mandela se ontmoeting met P.W. Botha in Tuynhuys, Kaapstad, op 5 Julie 1989.

Winnie Mandela, op pad om haar man in die hospitaal te gaan besoek (Mandela is in November 1985 in die Volkshospitaal in Kaapstad opgeneem vir ’n prostaatoperasie), was op dieselfde vliegtuig as Kobie Coetsee, wat by Jimmy Kruger as minister van justisie, polisie en gevangenisse oorgeneem het. (Kruger het Winnie Mandela in 1977 na Brandfort, ongeveer 60 kilometer vanaf Bloemfontein, verban.)

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Beeld


» read article

Potgooi: Dana Snyman gesels oor sy “sendingwerk vir stories” (Plus: Uittreksel uit Hiervandaan)

HiervandaanDana Snyman is in wese ‘n “sendeling vir stories”.

Só het hy in ‘n onderhoud met RSG, wat regstreeks vanaf die onlangse Woordfees uitgesaai is, gesê. “Ek probeer siele bekeer vir stories”.

Snyman wil mense laat verstaan dat stories “gewone goed” is. “Ons almal het stories. Stories is nie iets verhewe nie en skrywers behoort ook nie verhewe te wees nie.”

Luister na die potgooi waarin Snyman ook oor die produksie Hier huil jy net twee keer gesels, wat hy saam met die groep Klopjag by die fees aangebied het:

 
icon for podpress  Dana Snyman [7:06m]: Play Now | Play in Popup | Download

Snyman se nuutste bundel reisverhale, Hiervandaan, het einde verlede jaar verskyn. Lees ‘n uittreksel waarin Snyman die Lord Milner Hotel op Matjiesfontein besoek:

Die Lord Milner Hotel lyk van ver af soos ‘n passasierskip wat Matjiesfontein, aan die N1 tussen Touwsrivier en Laingsburg, vir die aand aangedoen het.

‘n Kruier in hoteluniform kom help my op die donker parkeerterrein voor die hotel goed uit die bakkie haal. Dit is inderdaad môre AllPay-dag op Laingsburg, bevestig hy. Toe ek hom vra hoe hy dit weet, antwoord hy byna verontwaardig: “Hulle kom mos elke maand verby, Meneer.”

In die kamer is ʼn koperkatel, en op die bed lê twee suiglekkers, ʼn rooie en ʼn pienke. Eers haal ek die dag se opgegaarde goed uit my broek se sakke en sit dit op die spieëltafel neer: kleingeld, kontantstrokies, die omhulsel van ʼn Snacker-sjokolade. Om te reis, nog meer as wanneer ek tuis is, is vir my ʼn verbete stryd teen wanorde, in my kop en selfs in my broeksakke en bagasie.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Roekeloos


» read article

Louis Esterhuizen gesels met Tom Gouws oor Stigmata (Plus: Gedigte uit die bundel)

StigmataDie titel van Tom Gouws se nuwe digbundel, Stigmata, verwys nie net na sy “uitdeinende geestelike belewenis” nie; hy bring die kwessie van stigmata ook in verband met die skryfproses.

Gouws het in ‘n onderhoud aan Louis Esterhuizen gesê enige teks “voed op die binnebloed van ander tekste,” in so ‘n mate dat die digter soms wonder: “Is die wonde wat op my tekslyf uitslaan my eie of perdalks dié van iemand anders?”

Tom, van harte geluk met ‘n pronkbundel; persoonlik is ek van mening dat Stigmata as ‘n hoogtepunt in jou reeds indrukwekkende oeuvre gereken gaan word. Die een aspek wat die leser van jou bundels telkens tref, is die afgerondheid daarvan danksy jou opvallende aandag aan detail. So gebruik jy byvoorbeeld Simon Armitage se uitspraak “Maybe that’s how poets think of birds: as poems” as motto by Afdeling II, “die halwe sekerheid van voëls“. Is dit hierdie stelling wat die veelseggende omslag – tesame met die talle ars poetica-gedigte – vir jou aktualiseer? Anders gestel: versinnebeeld die dooie voël met skuifspeld vir jou die gedig as dooie artefak?

Dankie, Louis – komende van jou is dit ‘n groot kompliment.

Ja, ek is besonder baie op detail ingestel – ek probeer gestileerd met fynsteek weef. In daardie noulettende skryfproses kom die bloedskendige verwantskap tussen alle tekste as ‘t ware soos onsigbare elektriese velde vanself na vore, en interfereer, veral in die worp van ‘n bundel, en bewustelik en/of onbewustelik buit die digter dit dan uit.

Lees die gedigte “die kadawerkader” en “hadewijch in die moerbeiboom” uit Stigmata:

Boekbesonderhede


» read article

Book Excerpt: When in Broad Daylight I Open My Eyes by Greg Lazarus

When in Broad Daylight I Open My EyesA look at the intricate website of Greg Lazarus (www.greglazarus.com) will reveal an excerpt from the recently released novel, When in Broad Daylight I Open My Eyes.

Greg Lazarus, the pen name of husband-and-wife writing duo Greg Fried and Lisa Lazarus, will launch the “psychosexual thriller” at The Book Lounge later this month. Whet your appetite with Chapter 8:

He is seventeen in his final year of school. It is a clever school, prestigious far beyond the Stellenbosch region, and takes special pride in its maths and science results. Yet even the brightest people in the place are idiots. He has heard one of them, a girl who excels at biology and netball, speaking soberly to the red-haired fellow with freckled skin who runs the school’s religious society. “We have to stay alert to the devil’s temptations; he’s always watching for an opportunity to take us,” she says, and the red-haired boy nods and judiciously draws out his “Ja”.

The Prince of Darkness is a hot conversation topic: even the police, taking some time off from their business in the townships – activities never discussed at the school, which keeps itself out of politics – come one Friday afternoon to share their concerns about Satanism among teenagers. Their views are supported with slides, images of candles and red graffiti in abandoned buildings, which they show to a mass of uniformed teenagers facing the overhead projector screen. At the end of the presentation, after the screen goes white, Kris raises his hand to ask whether devil worship is actually illegal. “Why?” asks the detective sergeant standing next to the projector, still holding the final transparency. “Do you want to worship him yourself?”

Book details


» read article

Uittreksels uit Blou Maandag, saamgestel deur Kerneels Breytenbach

Blou MaandagIn die bundel Blou Maandag, saamgestel deur Kerneels Breytenbach, vertel interessante persoonlikhede van die ergste Maandae wat hulle al beleef het. Lees Deborah Steinmair en Erns Grundling se bydraes hieronder:

‘n Maniese Maandag – Deborah Steinmair

and the lesson today is how to die
and then the bullhorn crackles
and the captain tackles
with the problems and the hows and whys
and he can see no reasons
’cos there are no reasons
what reason do you need to die?
– “I don’t like Mondays”, The Boomtown Rats

Die nag voor die moord het ek diep en behaaglik geslaap. Dit was die laaste goeie nagrus van my lewe. Die volgende dag, Maandag, sou ’n rustige dag wees. My voorbereiding vir Dinsdag se kongres was so te sê klaar – die PowerPoint-voorlegging opgestel, die toespraak amper ingestudeer. Ek sit rustig aan die ontbyttafel en besin oor die veeleisende week wat voorlê. Riedwaan sit stug en breed in sy stoel in die sonkol voor die yskas. Hy is geen oggendmens nie en rep nooit ’n woord voor elfuur nie. Dit pas my goed. Met ’n stomende koppie koffi e in die een hand blaai ek ingedagte deur die vouer van die reisagentskap met die volgende dag se vliegkaartjie, ’n koepon vir Budget Rent a Car en aanwysings na die konferensiesentrum. My oog val terloops op die datum van vertrek. Vandag se datum. Ek word yskoud, só koud dat ek skaars die kokende koffi e oor my dye voel uitstort. Vertrektyd: tienuur voormiddag. Airport check-in opens 90 minutes before take-off and closes sharply 30 min before your fl ight departs. Halftien dus. Dis nou skuins ná agt. Ek woon ’n uur en ’n half se ry van die lughawe af, ás die pad skoon is. Dis spitstyd.

Ek en my hond op ‘n Maandag – Erns Grundling

Ek is ’n linkshandige Skerpioen, gebore op 12 November 1979. ’n Maandag. Dieselfde jaar was die Boomtown Rats se popliedjie “I Don’t Like Mondays” ’n treffer.

Later jare sou ek die liedjie dikwels hoor op Radio Algoa, die radiostasie waarmee ek op Uitenhage in die Oos-Kaap grootgeword het. Maar eers onlangs het ek ontdek Bob Geldof se inspirasie vir die lirieke was ’n 16-jarige meisie, Brenda Ann Spencer, wat op 29 Januarie 1979 by die Cleveland Elementary School in San Diego, Amerika, met ’n geweer losgebrand het op kinders op die speelterrein. Twee volwassenes is doodgeskiet en agt leerlinge en ’n polisieman is gewond.

Boekbesonderhede


» read article

Book Excerpt: Not the Movie of the Week by Shaun de Waal (Plus: Win a Copy!)

Not the Movie of the WeekThe following piece, published in the Mail & Guardian earlier this year, is an edited extract from the introduction to Not the Movie of the Week: Frightening Flops and Fabulous Flicks by Mail & Guardian film critic, Shaun de Waal.

The Mail & Guardian is also giving away copies of the book to five lucky readers. To enter and stand a chance to win, simply answer the following question: Who directed Nashville (1975)? Send your entries to movies@mg.co.za with “Giveaway” in the subject line.

There are two utterances I suspect all movie reviewers dread. Certainly I do. The first is when people say, admiringly and enviously, “You have a fantastic job!” (I’ll come back to that). The second is when they ask, in all innocence, “What’s good that’s on? What should we see?” I am tempted to reply, and sometimes do, “I don’t know. What did I write in the paper?”

For this query presumes that I have an instant hit parade in my head — even just a hit parade of one. This is very flattering to my mental capacities, but unfortunately at this point in the conversation I go blank. Suddenly I cannot remember what I reviewed last, whether I liked it or despised it, or even recall the last movie I truly felt I could recommend.

There is also the danger that an outright recommendation leads to later recrimination: “What on earth did you like in that ghastly mess you encouraged me to go and see?” This goes for casual comments (often much blunter than reviews) as well as for reviews, and nowadays the internet provides space for anyone to tell me I’m blind, stupid or plain dilly. Which they do. (Though thanks for the compliments, too, folks.)

Book details


» read article

Video: Craig MacKenzie Discusses The Complete Voorkamer Stories by Herman Charles Bosman (Plus: Excerpt)

The Complete Voorkamer StoriesTo mark the 60th anniversary of Herman Charles Bosman’s death, Craig Mackenzie collected all his “Voorkamer stories”, which originally appeared as a weekly column from 1950-51, in a single volume.

MacKenzie spoke to the Mail & Guardian about the photo on the cover of The Complete Voorkamer Stories, taken by world-famous photographer David Goldblatt. The photo is of the original “voorkamer” where the famers would meet to exchange stories. Other photos of people and places that Bosman knew, taken by Goldblatt in 1965, have also found a place in The Complete Voorkamerstories.

Watch a video of the interview and read an extract from the book, titled “How Diederick Kleynhans found his (mis)fortune in the big city”:

We wouldn’t have felt quite that way about it, of course, if it wasn’t that we had seen ­Diederick Kleynhans growing up in front of us, as it were. And we knew, naturally enough, what it was that spoilt him.

It was clear that Diederick ­Kleynhans had been undone by his own youthful vanity and by the way he had been praised for his drawings and compositions by the schoolmaster who had been schoolmaster at Drogevlei long before young Vermaak came. Anyway, that schoolmaster had left Drogevlei years ago. He was no doubt still teaching school, telling some standard five pupil — who otherwise had no real evil in him — how well he could recite.

Book details


» read article

Hanlie Retief gesels met Carina Stander oor haar debuutroman, Wildvreemd (Plus: Uittreksel)

WildvreemdAs beeldende kunstenaar én skrywer is Carina Stander se “gedigte en skryfwerk visueel, alles op die kyk en die oog ingestel, terywl haar kunswerke narratief is”. Ná twee digbundels word haar debuutroman, Wildvreemd, hierdie maand by die opening van haar solo-kunsuitstalling by Lanzerac bekendgestel. Stander het met Hanlie Retief oor die roman, waaraan sy vyftien jaar lank geskaaf het, gesels:

Soos die twee spore van ’n plaaspad kronkel beeld en woord deur Carina Stander se lewe.

Carina het grootgeword op die plaas Bergfontein in die Waterberg, “?’n kind gebore uit die woorde van haar ma en die wildheid van haar pa” (uit die gedig “Wildernis”).

Van kindsbeen af, die ure in die veld saam met haar pa, ’n “cowboy met ’n sagte streep”, waar hy haar die fyn spoortjies van die wildernis geleer het, en die ure agter in haar onderwyseres-ma se klas, haar “woordeboekerige ma”, waar sy as voorskoolse kind stilletjies gesit en luister het hoe die matrieks
Raka voordra?… Dit het dáár begin, vir Carina Stander.

Lees ‘n uittreksel uit Wildvreemd:

Dit is die soveelste oggend dat ek wakker skrik uit die droom van water, altyd die droom van woorde soos water. Ek sit regop en skuif die slaapsak van my bene af. Die opblaasmatras wankel en wip wanneer ek van die plankvloer af opstaan. Nou eers vinnig die lakens regtrek en die kreukels uit die kussingsloop skud. In net my wit katoenbroekie – in die lente is dit hoe ek slaap – raak ek bewus van die koel rivierlug in die vertrek en die moerasreuk van riete. Terwyl ek my gesig in die skottel afspoel, kom die waterdroom weer by my op en ek voel die hoendervel oor my boarms kruip. Altyd die stil, donker waters. Stilte is ’n oergeluid. Dit was daar voordat die klank van mens of dier in die Ruig geëggo het. Binne-in stilte slaap musiek en die fluistering van wind, die stemme van diere en die geluid van die mens. Ek staan lank met die handdoek teen my mond gedruk. Is die droom ’n besoeker wat beloof dat daar ’n einde aan dié stilte sal kom?

Met my rooi kopdoek en geel romp aan begin ek die stapsak pak. Eers die gewone: die ligte vangkas, leë koffieblik vol gate, vuurhoutjies, twee Granny Smith-appels, ’n gekookte eier en ’n handvol Provitas in die kosblik. Toegerits in die kantsak is die metaalbottel met die skroefdop wat my drinkwater vir die dag sal koel hou. Heel bo is die brief wat ek gisteraand geskryf het, verseël in ’n bruin A5-koevert.

Boekbesonderhede


» read article

Lees ‘n uittreksel uit Kerneels Breytenbach se misdaadroman, Piekniek by Hangklip

Piekniek by HangklipKerneels Breytenbach se misdaadroman, Piekniek by Hangklip, word hierdie maand by die Open Book-skrywersfees in Kaapstad bekendgestel. Lees die eerste hoofstuk van hierdie spannende boek, waar Joshu Gumbo se beplande kaping van Sonja Griessel se 4×4 lelik skeef loop en hul lewens onherroeplik verander word:

Prent jou dit in:

Joshua Gumbo voer vroeg in April ’n opdrag van die Lucky Thirteen-sindikaat uit om ’n luukse rooi 4×4 van Japanse fabrikaat af te neem by Sonja Griessel. Hy is senuagtig. Sy woon by haar ouers. En die plek is nie soos hy verwag het dit sou wees nie. Die druiweprieel het nog nie sy blare afgeskud nie. Die wapen in sy hand is vir hom vreemd. Hy trek die sneller per abuis vier keer na mekaar voordat hy sy vinger gelig kry. Twee pare swak gegroepeerde kopskote.

Drie dae later moet Sonja ’n geleentheid bedel na die gesamentlike begrafnis van haar ouers. Sonja wil die 4×4 nooit weer sien nie. Die rooi herinnering het ’n roof in haar gemoed geword, ’n wond wat nie wil genees nie.

Boekbesonderhede


» read article

Stephanie Nieuwoudt gesels met Theo Kemp oor sy debuut, Skool (Plus: Uittreksel)

SkoolTheo Kemp het twee jaar lank navorsing gedoen vir sy debuutroman Skool, en van die een skool na die ander gereis om feite in te samel. “Elke keer toe ek gedink het ek het nou genoeg inligting, het ek ­besef hier is ’n groter, interes­santer storie wat wag om vertel te word,” het Kemp in ‘n onderhoud aan Stephanie Nieuwoudt gesê.

Kemp het twee jaar lank aan die boek geskryf en ‘n jaar lank herskryf, onder die leiding van Marlene van Niekerk by wie hy ‘n meestersgraad in skeppende skryfwerk voltooi het. Die uiteinde is ‘n roman wat die skoolstelsel oopvlek, maar ook veel wyer strek: “Ek het eers gedink ek skryf net oor die skole, maar ek het daardeur die land leer ken en insig ­gekry in die kompleksiteite waarmee ons hier te make het.”

Wellington – Aanvanklik wou hy die leser met feite konfronteer. Woedend maak oor die toestand van die Suid-Afrikaanse skoolstelsel. Daarom was sy manuskrip ­aan­vanklik vol voetnotas. Maar op aanbeveling van sy uitgewer het Theo Kemp sy boek, Skool, oor ’n fiksie-boeg gegooi en het die voetnotas verdwyn.

Skool vertel van die onbeholpe jong man Theo Kemp, wat ­probeer om antwoorde te kry oor wat met die skoolstelsel fout is. By die ­armer skole is dwelmverslawing, skoolhoofde wat hul verantwoordelikhede ontduik, onderwysers wat eerder sosiaal verkeer as om skool te hou, hardwerkende ­amp­tenare wat uiteindelik ­moedeloos tou opgooi en by die ­ryker skole is korrupsie, arrogansie en eet­versteurings.

Is jy nuuskierig oor Theo Kemp se debuutroman? Lees dan ‘n uittreksel uit Skool hieronder:

Ek stamp my kamerdeur hard met die regterskouer om die slot oop te kry. My linkerskouer brand waar die drasak se hingsel ingevreet het. Behalwe vir my gehyg is die woonstel stil. Ek buk af om die vasgehaakte koerant onder die deur uit te trek, en stoot dan drie hope papiere van die bed af sodat ek op die punt van die voetenent kan sit. My hemp is natgesweet van die ent se stap van die bushalte af. Ek probeer die woorde op die geskeurde koerantpapier uitmaak in die laaste lig wat deur die venster op my skoot val. ’n Skoolhoof van ’n skool vir blindes in Bisho, lees ek, is afgedank nadat hy jare al die kinders dronk maak. Ek soek die res van die berig op die vloer, maar kan niks uitmaak op die mat van koerante nie. Ek tas na my asmapompie, maar my broeksakke is leeg. Ek moet dit in die drasak vergeet het, en dié lê iewers buite Pretoria op die N1.

Ek krap die studeerlamp tussen die woordeboeke en lêers uit en soek met die lig na die padkaart in die linkerkantse hoek van die vensterraam. Die lamp se kop draai ek na bo om die inham van die Indiese Oseaan by Oos-Londen te verlig. Ek pak stapels koerante op die vloer onder die kaart sodat ek van daar af met my kokipen by Bisho kan kom. Die bouery aan die papiertrap maak my kortasem; my lippe prikkel en my longe word met elke asemhaling seerder. Ek moet swart koffi e drink. As niks anders help nie, het my ma kleintyd gesê, sal gemaalde koffiebone die katgeluide in my keel doodmaak.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Oudtshoorn Info


» read article