Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Archive for the ‘Drama’ Category

NB-skrywers Adam Small, Sonja Loots en Ingrid Winterbach ontvang SA Akademiepryse 2012

Kanna hy kô huistoeSirkusboereDie boek van toeval en toeverlaat

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het Vrydag pryse aan Adam Small, Sonja Loots en Ingrid Winterbach toegeken vir hul werke wat by NB-uitgewers verskyn het.

Small het die Hertzogprys vir sy drama-oeuvre ontvang, waarin Kanna hy kô hystoe (Tafelberg) “kop en skouers uitstaan as ’n hoogtepunt in die Afrikaanse dramatiese kuns”. Loots is met die Eugène Maraisprys vir ‘n eerste of vroeë werk bekroon vir haar roman Sirkusboere (Tafelberg) en die CL Engelbrechtprys vir Letterkunde is aan Winterbach vir Die boek van toeval en toeverlaat (Human & Rousseau) toegeken.

NB-uitgewers wens al die wenners geluk!

Boekbesonderhede


Scribd.com book preview:

Sirkusboere


» read article

Andries Bezuidenhout oor sekstonele in “Spyt” deur Ingrid Winterbach

Toeris in HillbrowDie benederykIngrid Winterbach se eerste toneelstuk, “Spyt”, het hewige kommentaar op die brieweblad van Beeld se webwerf uitgelok, veral oor die sekstonele in dié stuk. Maar Andries Bezuidenhout sê dat hy baie in “Spyt” gevind het om oor na te dink en dat hy wens hy het die teks gehad om dit te lees.

Bezuidenhout skryf op die Versindaba webtuiste dat die sekstonele deurgans komies of hartseer is en dat daar selfs een toneel is wat vir hom eintlik mooi was. Hy sien “Spyt” as “‘n toneelstuk wat (onder andere) gaan oor oorvloed (“excess”) – tye waarin plesier ‘n kommoditeit word, maar waar mense die vermoë om betekenis in taal uit te druk verloor.”

Een van die tonele in ʼn teaterstuk wat ek nogal lank sal onthou, is ʼn oomblik in Ingrid Winterbach se toneelstuk Spyt, wat ek by Aardklop gesien het. Die karakters staan in ʼn ry, aan die agterkant van die verhoog. ʼn Stem wat vooraf opgeneem is, ʼn pa, vertel van die rugby wat hy saam met sy seun gesien het. Het hulle vis gevang ook? Ek kan nie heeltemal die strekking van die pa se vertelling onthou nie, maar die man het nie die woorde om te beskryf hoe hy die rugby geniet het nie. Al wat hy kan doen is om die woord “awesome” te herhaal. “Awesome” word ʼn refrein wat instaan vir die man se onvermoë om homself in Afrikaans uit te druk.

Terwyl hy vertel, maak die akteurs – steeds aan die verhoog se agterkant – wilde bewegings met hul lywe. Dit lyk of hulle dans, maar daar is nie musiek nie. ʼn Mens kan nie anders as om aan Jan Rabie te dink nie: “Aanhou beweeg en geraasmaak.”

Boekbesonderhede

Scribd.com book preview:

Die benederyk


» read article

PG du Plessis, Marita van der Vyver, TT Cloete, Pat Stamatélos en Jeanne Goosen voer onderhoude met hulself

Het PG du Plessis as tiener enige hang-ups gehad? Wat beskou Marita van der Vyver as tydmors? Sal TT Cloete sy een oog afstaan vir die Nobelprys vir Letterkunde? Wat het Pat Stamatélos se gewese man oor haar boeke gesê? Wat is die grootste leuen wat Jeanne Goosen al vertel het?

Hierdie is van die vrae wat dié skrywers mee vorendag gekom het toe Marida Fitzpatrick hulle gevra het om ‘n onderhoud met hulself vir By te voer:

P.G. DU PLESSIS: Wat is jou grootste karaktergebrek?

Wat bedoel jy? Al weer ’n splinter loop raaksien in andermans-oog sonder om jou eie balk te oorweeg? Magtag, my karakter is na die beste van my oorwoë mening gebrekeloos, en die mense wat my van onbeskeidenheid en grootheidswaan beskuldig, weet nie wat hulle praat nie. Ek het seker foutjies, maar kan nie nou aan een dink nie.

Kortetjies en 'n langeDis koue kos, skatHeilige NuuskierigheidVier begrafnisse en �n trouePlante kan praatIemand vir 'n scoop?

Boekbesonderhede

Scribd.com book preview:

Iemand vir ‘n scoop?


» read article

Murray la Vita gesels met Ingrid Winterbach oor haar eerste toneelstuk “Spyt”

ingrid and brink

Die benederykDit was nie vir romansier en beeldende kunstenaar Ingrid Winterbach maklik om haar eerste toneelstuk te skryf nie.

“Ek het erg uit my diepte gevoel. Ek kon op geen van my gewone ou romantrieks terugval nie,” het sy in ‘n onderhoud met Murray la Vita oor haar toneelstuk “Spyt” gesê.

Die proses is darem effens makliker gemaak aangesien Winterbach se dogter Brink die regie vir die optrede by Aardklop behartig. “Dit is vir my ongelooflik exciting. Sy is baie versigtig met die teks – miskien té versigtig.”

Te laat, te laat, altyd te laat. Manne en meisies en waarop dit afstuur. Brose harte, begerige lywe, ai. En dan daarna. Spyt.

’n Verhoudingsdrama met ’n verskil: tragikomiese opset, donker humor, eiesoortige dialoog. So verskriklik vermaaklik, so verskriklik verskriklik. Nie vir fyngevoeliges of preutses nie. Awesome.

Boekbesonderhede

Scribd.com book preview:

Die benederyk


» read article

Onderhoud met Marita van der Vyver: Hoekom sy so hard vuvu blaas

Marita Van der Vyver

Nadine Petrick gesels met Marita van der Vyver oor die fenomenale sukses van Dis koue kos, skat (wat tot bo-aan die Nielsen Bookscan se lys was), Riana Scheepers se nare resensie en wat aanhangers te wagte kan wees met die volgende verhaal…

Eerstens, baie geluk met die nuwe roman! Ek wil tog onmiddellik weet, hoe voel die lippe? Jy het groot beloftes gemaak om ’n vuvuzela te blaas tot jy blou is in die gesig die dag wanneer jy meer boeke as Stieg Larson verkoop, en volgens Nielsen Bookscan (wat wêreldwyd die verkope van boeke monitor) gebeur dit toe wraggies!

Ek blaas nog een stryk deur, want ek het pas gehoor dat my Koue kos laas steeds bo aan Nielsen se lys was, dié keer voor John Grisham en … taratata … Ena Murray se omnibus! My tone krul van lekkerkry – hoe dan nou anders.

Dis koue kos, skatJust Dessert, Dear

Boekbesonderhede


» read article

Trailer and Interviews: Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom

Anna Mart van der Merwe en Anneke Weidemann

Die ongelooflike avonture van Hanna HoekomSouth African favourite Marita van der Vyver’s youth novel Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom not only won the Sanlam Youth Prize but, is also being made into a film by The Film Factory. Sally Fink chats to CA van Aswegen from The Film Factory as well as movie director Regardt Bergh about the film. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom starrs local greats like Anna Mart van der Merwe, Gys de Villiers and Anneke Weidemann as Hanna. It opens at Nu Metro theatres on 13 August 2010.

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom is Tornado director Regardt van den Bergh’s latest film, based on the Sanlam Youth Prize winning novel of the same name by Marita van der Vyfer. The film was produced by Spookasem Productions with funding from KykNET.

Hanna Hoekom is just what you’d expect from Regardt, whose wholesome repertoire includes Hansie, Faith like Potatoes and The Gospel According to Matthew, but he’s quick to point out that it’s a family movie rather than a Christian film.

The film tells the tale of Hanna (Anneke Weidemann from Story of an African Farm, Known Gods and Charlie Jade), a teenager with a wild imagination, and her unconventional family. Seasoned South African actress Anna Mart van der Merwe, who won a SAFTA in 2006 for her role as Christelle in 7de Laan, plays Hanna’s artistic mother, while Gys de Villers plays her would-be actor step-father.

YouTube Preview Image

The Film Factory’s CA van Aswegen chats to Sally Fink about the creation of Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom as well as other productions currently in the Film Factory pipeline.

The Film Factory’s C.A. van Aswegen has been busy. He recently cut three South African feature films: Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, Bakgat 2 and Night Drive. And he’s not done yet. “Feature films is my absolute favourite field to work in,” he says.

C.A. is ostensibly an editor, but as a business partner in The Film Factory, he sometimes takes more of a hands-on role. For example, he describes Night Drive, which Indi-genous Films are releasing on 15 October 2010, as “very close to my heart. I started developing the story with director Justin Head about two years ago. I also produced the film.”

Book Details


Image courtesy The Call Sheet


» read article

Madri Victor gesels met Quintus van der Merwe oor In landsbelang

In landsbelangQuintus van der MerweIn Quintus van der Merwe se roman In landsbelang is daar ‘n fyn spel tussen werklikheid en fiksie.

Van der Merwe meen ‘n hedendaagse politieke spanningsroman moet na aan die werklikheid wees, om dit geloofwaardig te maak en lesers in te trek. In sy roman kom daar korrupsie onder politici, ongerymdhede rondom wapenonderhandelings en dies meer voor.

Hy het in ‘n onderhoud aan Madri Victor gesê hy is nie bang vir kritiek nie. Hy hoop net nie hy “skrik lesers af omdat hulle moeg is om van seksvergrype, bedrog en korrupsie van politieke leiers te lees nie”.

Teen die middel van Die blou van ons hemel het ek die gevoel gekry dat Castelyn meer van ’n hoofkarakter word as Ruben Meyer. Het jy tóé reeds geweet dat jy Castelyn in ’n volgende boek wil gebruik?

Nee, maar ek weet nou reeds dat hy in die derde boek van ’n trilogie gaan figureer. Dit was vir my ’n lekker ervaring om Johan Castelyn as karakter te ontwikkel en daarom het ek in my eerste roman seker gemaak dat dit nie seker is of hy sterf of nie. Castelyn staan op uit die Togolese stof nadat hy deur rebellesoldate geskiet is, en leef voort in In landsbelang.

Boekbesonderhede


» read article

Bekendstelling: In landsbelang deur Quintus van der Merwe

In landsbelang - Bekendstelling

In landsbelangTafelberg en The Book Lounge nooi jou uit na die bekenstelling van Quintus van der Merwe se tweede roman, die politieke en spioenasie-riller In Landsbelang.

Met ‘n storielyn wat alles van sekskandale en toesmeerdery, maar veral wapensmokkelary en -handel insluit, en met kinkels en draaie vir Afrika, behoort hierdie ‘n opwindende aand te wees.

Quintus sal in geprek verkeer met Karin Brynard. Sien jou daar!

Boekbesonderhede


» read article

Marita van der Vyver se antwoord Riana Scheepers se brief

Marita van der Vyver

Dis koue kos, skatKatvoetVerlede week het Riana Scheepers ‘n ietwat nare resensie in die vorm van ‘n brief aan Marita van der Vyver geskryf oor Dis koue kos, skat. Hier lewer Marita repliek.

Beste Riana,

Ek sit met ’n probleem. As skrywer het ek nog altyd geglo ’n mens reageer nie op resensies nie, hoe naar of bitsig dié ook al soms kan wees. Maar ek is ook geleer dit is goeie maniere om briewe te beantwoord wat aan jou gerig word – ook die onaangenames. En aangesien jy jou resensie van Dis koue kos, skat op ’n vals-familiêre manier as brief aan my geskryf het, is ek jou seker ’n antwoord skuldig.

Dit pla my nie dat jy nie die humor in die “koekerige” omslag raaksien, of nie van my “kwasi-literêre speletjies” hou, of nie verstaan waarom ek die boek by die einde laat begin het nie.

Boekbesonderhede


» read article

Riana Scheepers skryf ‘n brief aan Marita van der Vyver

Riana Scheepers Marita Van der Vyver

Dis koue kos, skatKatvoetRiana Scheepers was so begeester na die lees van Dis koue kos, skat dat sy vir Marita van der Vyver ‘n brief geskryf het. Daarin vra sy vele vrae oor die boek, die grootste daarvan sekerlik “of kan ’n mens wel glo dat die Tweede Vrou (soms) die oor winnaar is?”

Beste Marita

Ek lees jou nuwe boek – ’n brief roman  – terwyl ek in Frankryk is, kan jy nou meer. Daar was lanklaas ’n briefroman in Afrikaans. Dit was ’n uitstekende keuse, want dit is ’n genre wat jou skryfstyl goed pas en die gebeure wat oor tien jaar strek, met ’n polsende pas aangee.

Ek het wel geskrik toe ek jou boek die eerste keer gesien het. Hygend hert, Marita skryf ’n hygroman! Waarom het jou uitgewer dit so ’n pienkerige, koekerige omslag gegee, wat met versiersuikerde, pienk koek en rosies beplak is?

Boekbesonderhede


» read article