Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Archive for the ‘Humour’ Category

Groentjie in Londen: Naas Steekamp gesels oor Op ’n galop na Buckinghampaleis

Stephanie Nieuwoudt en Naas Steenkamp

Op 'n galop na Buckingham-paleisNaas Steenkamp was in die 50’s en 60’s, in tye van groot politieke onrus, junior diplomaat vir Suid-Afrika in Londen. Hy het nou, jare later, sy ervarings en staaltjies opgeteken in ’n bundel getiteld Op ’n galop na Buckinghampaleis. Die verhale het ’n outobiografiese inslag, maar Steenkamp verklap sy verbeeldingshand wanneer hy uit die staanspoor na sy bundel as die “heilige verdraaide waarheid” verwys.

Steenkamp het by die geleentheid vertel dat hy destyds geensins besef het wat dit behels om diplomaat in die buiteland te wees nie. Hy het sonder opleiding en met weinig politieke kennis in die beroep ingestap. Alhoewel Steenkamp homself laggend as ’n jong, “onnosele klein sot” beskryf het, het hy egter beklemtoon dat “daai mannetjie” in die verhale nie hy is nie.

Nieuwoudt het Steenkamp uitgevra oor hoe hy uit die diplomatiek weg is en hy het tot vermaak van die gehoor vertel hoe hy per ongeluk ’n belangrike toespraak laat uitlek het en hoe Dr. Hendrik Verwoerd hom toe afgedank het. Op Nieuwoudt se vraag oor hoe Steenkamp vir Verwoerd ervaar het, het hy geantwoord dat alhoewel hy in retrospek besef dat Verwoerd nie in voeling met die werklikheid was nie, sal hy hom geensins as ’n immorele mens beskryf nie – maar eerder as ’n “gedugte mens”.

In Op ’n galop na Buckinghampaleis verweef Steenkamp die historiese werklikheid, fiksie en outobiografiese ervarings tot humoristiese, tog ernstige verhale. Soos Nieuwoudt ook ten slotte opgemerk het, is dit egter opvalled dat Steenkamp homself weerhou om die verhale en gebeure te interpreteer en kommentaar te lewer – dié taak word eerder aan die leser oorgelaat.

Boekbesonderhede


» read article

Andrew Donaldson and Mandy Roussouw Present Come Again? Quotes from the Famous, the Infamous and the Ordinary

Come Again?How do you get a snapshot of a nation? What and who made us cry, laugh and tear our hair out in frustration? One way to find out is directly from the horse’s mouth.

Andrew Donaldson and Mandy Rossouw capture the story of South Africa right now, in an extensive collection of quotes from both the predictable (“Julius, anyone?” “Hello, Steve?”) and the anonymous, captured through Twitter, Facebook, and good old-fashioned reporting. Come Again? is the perfect present for the news-junkie.

Chapters include:

  • 2011 at the ballot box: The municipal elections
  • Corruption, Crime & Punishment: The Good, the Bad and the Worst
  • Friends, compatriots and enemies: The World of Jacob Zuma and the 2012 succession race
  • He who is untouchable : Julius Malema on Everything
  • Us and Them: The Trouble With the West (and China)
  • The Fourth Estate & Other Fifth Columnists
  • Colour me bad: The race to figure out race

About the authors

Andrew Donaldson has worked as a journalist since 1982, and was until recently a columnist and senior writer with the Sunday Times. During his time at the newspaper, he also worked as a foreign correspondent based in London. He now lives in a small fishing village in the Western Cape.

Mandy Rossouw is the international correspondent for Media24 newspapers. She cut her teeth at the Johannesburg-based Afrikaans daily, Beeld, before becoming the foreign correspondent in London for the Media24 group in 2006. She joined the Mail & Guardian in September 2007 as the deputy political editor. Mandy co-compiled and -authored The World According to Julius Malema, published in 2009, as well as The Year in Quotes 2010, both published by Kwela Books.

Book details


» read article

Book Excerpt: Not the Movie of the Week by Shaun de Waal (Plus: Win a Copy!)

Not the Movie of the WeekThe following piece, published in the Mail & Guardian earlier this year, is an edited extract from the introduction to Not the Movie of the Week: Frightening Flops and Fabulous Flicks by Mail & Guardian film critic, Shaun de Waal.

The Mail & Guardian is also giving away copies of the book to five lucky readers. To enter and stand a chance to win, simply answer the following question: Who directed Nashville (1975)? Send your entries to movies@mg.co.za with “Giveaway” in the subject line.

There are two utterances I suspect all movie reviewers dread. Certainly I do. The first is when people say, admiringly and enviously, “You have a fantastic job!” (I’ll come back to that). The second is when they ask, in all innocence, “What’s good that’s on? What should we see?” I am tempted to reply, and sometimes do, “I don’t know. What did I write in the paper?”

For this query presumes that I have an instant hit parade in my head — even just a hit parade of one. This is very flattering to my mental capacities, but unfortunately at this point in the conversation I go blank. Suddenly I cannot remember what I reviewed last, whether I liked it or despised it, or even recall the last movie I truly felt I could recommend.

There is also the danger that an outright recommendation leads to later recrimination: “What on earth did you like in that ghastly mess you encouraged me to go and see?” This goes for casual comments (often much blunter than reviews) as well as for reviews, and nowadays the internet provides space for anyone to tell me I’m blind, stupid or plain dilly. Which they do. (Though thanks for the compliments, too, folks.)

Book details


» read article

Kirby van der Merwe gesels met Shaun de Waal oor Not the movie of the week

Shaun de Waal & Mervyn Sloman

Not the Movie of the WeekShaun de Waal se gunstelingflieks is Laurence of Arabia, Raging Bull, Boogie Nights en Gozu en die plaaslike rolprente Faith’s Corner en Jozi. Maar Basic Instinct II, Tears of the Sun en die plaaslike flieks Ouma se slim kind en Bakgat! was vir hom ‘n pyniging.

De Waal is sedert 1998 die Mail & Guardian se rolprentresensent en hy het al tussen 600 en 700 flieks vir dié koerant geresenseer. Sy boek Not the movie of the week bevat ‘n keur van “sy beste, skerpste en soms vernietigende fliekresensies”. Kirby van der Merwe het met hom gesels:

Daar is twee dinge wat fliekresensente meer as alles vrees. “Die eerste is wanneer mense sê – met bewondering en afguns – ‘Jy het ’n lekker werk!’ Die tweede is wanneer hulle in hul onskuld vra: ‘Watter rolprente is die moeite werd om te sien?’ ”

So skryf Shaun de Waal, “Suid-Afrika se uitdagendste fliekresensent”, aldus die omslag van sy nuwe boek, in die inleiding tot dié boek, Not the Movie of the Week – Frightening Flops and Fabulous Flicks.

Boekbesonderhede


» read article

Saturday Voices: Shaun de Waal Presents Not the Movie of the Week at Boekehuis

Not the Movie of the Week: Frightening Flops and Fabulous FlicksTafelberg Publishers and Boekehuis cordially invite you to the launch of Shaun de Waal’s Not the Movie of the Week: Frightening Flops and Fabulous Flicks at Boekehuis.

De Waal will be in conversation with Darryl Els, proprietor of The Bioscope Independent Cinema, and Corina van der Spoel from Boekehuis, in Boekehuis’ Saturday Voices/Saterdagstemme time slot.




Event Details

  • Date: Saturday, 09 July 2011
  • Time: 12:00 PM for 12:30 PM
  • Venue: Boekehuis,
    Cnr Lothbury and Fawley Streets,
    Auckland Park | Map
  • RSVP: Boekehuis,
    boekehuis@boekehuis.co.za, 011 482 3609

Book Details


» read article

Shaun de Waal Brings You Not the Movie of the Week: Frightening Flops and Fabulous Flicks

Not the Movie of the WeekShaun de Waal’s movie reviews are an iconic part of the Mail & Guardian. His short pieces on great (and awful) movies are masterpieces in the genre of reviews, and have become celebrated for their wit and insight. But even more so, his reviews give readers a glimpse into the mind of South Africans when they watch movies about faraway New York, London or Spain, or a familiar District 9.

The collection includes almost 100 reviews – of classics and trash, blockbusters and art films – organised by theme.

Themes include: Africa on the screen, Stories about love and family, Sex, God and fantasy, Hollywood and the world, and Politics and war.

De Waal also includes his lists of top films in various genres (and worst). The defining South African book about close-ups, red carpets and sad endings.

About the author

Shaun de Waal is Assistant Editor, comment & analysis of the Mail & Guardian. He is also a well-known film and theatre critic and author in his own right.

Book details


» read article

Willemien Brümmer gesels met Naas Steenkamp oor Op ‘n galop na Buckingham-Paleis

Naas Steenkamp

Op 'n galop na Buckingham-paleisNaas Steenkamp het in die sestiger jare as diplomaat in Londen gewerk toe HF Verwoerd Suid-Afrika se aansoek om voortgesette lidmaatskap van die Statebond teruggetrek het.

Eric Louw, die destydse minister van buitelandse sake, het ‘n konseptoespraak vir Verwoerd geskryf om die nuwe Statebondslande te betig en Verwoerd het in sy eie handskrif wysigings op die bladsye gemaak. Dit is aan Steenkamp, die ambisieuse privaat sekretaris van die Suid-Afrikaanse hoë kommissaris, gegee om ‘n skoon kopie daarvan te maak. Steenkamp besluit toe om die vyf velle Croxley-papier met Verwoerd se handskrif in sy drankkabinet te bewaar…en dis presies waar dié “verloopte diplomaat” sy moses teëgekom het!

Steenkamp het sy ervaringe op humoristiese wyse in die boek Op ‘n galop na Buckingham-Paleis opgeteken. Willemien Brümmer het met hom oor die boek gesels:

‘Ek wás seker ’n bietjie windgat,” sê Naas Steenkamp met sy kenmerkende selfspot: ’n Eienskap wat hom menigmaal van ondergang sou red.

Getinte brillense oopgeklap oor die gewone bril sodat dit lyk of sy oë vorentoe én boontoe kyk; goue vergrootglasie in die hand; silwer bokbaardjie en hare spoggerig agtertoe gekam soos dit ’n “verloopte” diplomaat betaam.

Hy verwys na die voorval in sy pas gepubliseerde debuut, Op ’n Galop na Buckingham-paleis, toe wyle John Oxley, destyds eerste sekretaris in Suid-Afrika-Huis in Londen, hom vir oulaas na sy kantoor genooi het voordat laasgenoemde elders heen verplaas is.

Boekbesonderhede


» read article

Nuut: Naas Steenkamp se debuut Op ‘n galop na Buckingham-paleis

Op 'n galop na Buckingham-paleisOp ‘n galop na Buckingham-paleis: Vertellings van ’n verloopte diplomaat se subtitel wek die verwagting dat daar iets met hierdie loopbaan verkeerd gaan loop . . . Juis hierin lê ’n volgehoue spanningslyn. Die skrywer vertel eerlik en met humor van sy jare as junior diplomaat in Suid-Afrika Huis in Londen, in die tyd van die politieke woelinge van die onstuimige laat 50- en vroeë 60tigerjare.

Hy was o.m. privaat sekretaris vir die hoë kommissaris in Londen in die dae van Sharpeville en lid van eerste minister Verwoerd se afvaardiging toe Suid-Afrika weens apartheid aan die Statebond moes onttrek. Mens hoor van die blapse, die politieke binnegevegte, die gedragspatrone van bekende politieke personasies, paleisprotokol, die werk van geheime agente – dinge waaroor “die man op straat” net maar kan gis.

Wat hierdie teks besonders maak, is die verteller se selfspot en ewewigtige terugblik op ’n veelbewoë tydvak. ’n Onderhoudende boek, lesenswaardig en insiggewend, met enkele blink komiese hoogtepunte.

Oor die outeur

Naas Steenkamp was eers diplomaat en daarna in die korporatiewe wêreld, waar hy uiteindelik uitvoerende direkteur van ’n mynmaatskappy was en president van die Kamer van Mynwese. As ’n lid van die kommissie van ondersoek na arbeidswetgewing in die 70tigerjare het hy bygedra tot die oopstel van vakbonde vir swart mense. Sy betrokkenheid by bewaring het gelei tot voorsitterskap van die Nasionale Parkeraad. Hy het ’n klompie kortverhale in tydskrifte gepubliseer en sy vertaling uit die Italiaans van Ignazio Silone se roman Fontamara het in 1968 verskyn. Hierdie is sy eerste boek. Hy woon in Somerset-Wes.

Boekbesonderhede


» read article

Nuut: Tien uit tien van Fanus Rautenbach

Tien uit tienTien uit tien: stories en sêgoeters van Fanus Rautenbach bevat ‘n keur van sy allerbeste oorspronklike vertellings wat gedurende die 1950’s in Die Huisgenoot gepubliseer is. Van vermaaklike, spitsvondige stories in die Langenhoven-tradisie tot by sy bekroonde liegstorie “Die vis – en Petrus de Beer” is almal terug te vind in hierdie heerlike humoristiese bundel, saamgestel deur Danie Botha. Met as spesiale toegif ook sy ontroerende dokumentêr “Die hemelkinders” wat radiogehore se harte geraak het.

Oor die Outeur

Fanus Rautenbach is ‘n bekende radio-omroeper, skrywer en mediapersoonlikheid. Hy is op 23 September 1928 op Lichtenburg gebore. Hy het vir 13 jaar elke dag “Flink uit die vere” by die destydse Afrikaanse Radiodiens aangebied en ‘n ARTES-toekenning gekry vir “Die hemelkinders”, ‘n dokumentêre program oor kinders met Down-sindroom. In 2007 word Rautenbach met 27 000 stemme aangewys as RSG se radiolegende van die afgelope 70 jaar.

Boekbesonderhede


» read article

Koos Meyer se stories nou beskikbaar in Koos Meyer: Lag-lag ‘n legende

Koos Meyer: Lag-lag 'n legendeKoos Meyer is ‘n legende. Hy het nooit nodig gehad om snaaks te wees nie; hy was dit net. Met verborge agter die plesierige masker ‘n diepte waarvan min weet. Koos Meyer: Lag-lag ‘n legende bevat bekende en minder bekende Koos-stories – nostagiese plesier vir tydgenote van hom, en ‘n aansteeklike kennismaking vir jonger lesers. Soos Ollie Viljoen sê: “Daar is net één Koos Meyer.”

Oor die outeur

Op laerskool reeds was Koos Meyer ‘n entrepreneur met die aardigste geldmaakplanne. As nie-studerende student op Stellenbosch het hy roem verwerf as poetsbakker en kansvatter. En as joernalis, prospekteerder, grootwildjagter, matroos, hotelbestuurder, wildbewaarder en toespraakmaker het hy hom onderskei deur sy ongewone manier van doen.

Deon van Zyl is bekend vir sy bundel humoristiese verhale, ‘n Natuurlike talent en ander stories, Hy is ook bekend vir sy TV-optredes.

Boekbesonderhede


» read article