Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Archive for the ‘Nature’ Category

Uitgebrei en opgedateer: Gideon Joubert se Die groot gedagte

Die groot gedagteDie groot gedagte, die eerste omvattende sterrekunde-boek om in Afrikaans te verskyn, het onmiddellik by publikasie groot opslae gemaak en het sedertdien meer as 30 000 eksemplare verkoop.

Die talle ontdekkings van die afgelope dekade het ’n uitgebreide en opgedateerde uitgawe genoodsaak. Veral data wat deur die Hubble-teleskoop deurgesend word het baie ou teorieë laat wankel.

Nou is die heel jongste kennis oor die kosmologie en die kwantumfisika weer in Afrikaans beskikbaar. Dit word pakkend aangebied vir kenners én leke, en danksy die maklik verstaanbare taal word uiters ingewikkelde begrippe en teorieë toeganklik. Aktuele en kontroversiële vraagstukke soos die verband tussen die oerknal-teorie en die Bybel word ook aangespreek.

“Toeganklik … met joernalistieke taal en styl, konkrete illustrasies, kort opsommings en samevattings, pittige opmerkings en eenvoudige, logiese argumente. Dit alles verpak Joubert in ’n dramatiese storie, asof dit ’n nuusstorie is, vol spanning, wendinge, verrassings, bedreiginge. Dit word ’n joernaal van: die geweld en rustigheid van kosmiese kragte, die chaos en die orde, die presiese en die onvoorspelbare, die lig en die duisternis, die meetbare en die mistieke.”
– Willem de Klerk, Rapport

“Briljant.”
– Prof Gawie Cillié

Oor die outeur

Gideon Joubert is in 1923 op Stellenbosch gebore. Hy matrikuleer aan Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch. Hy behaal ’n BA-graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy begin sy loopbaan as joernalis in 1949 by Die Burger. In 1951 sluit hy by die Suid-Afrikaanse Vloot aan. Gideon is een van die stigters van die Vlootgimnasium op Saldanha, en hy was ook die stigter van Suid-Afrika se eerste Duikskool. Ná 16 jaar het hy met die rang Kommandeur uitgetree en het hy tot met sy aftrede by Die Burger gaan werk.

In 1998 verskyn sy boek Die groot gedagte, wat oor kosmologie, die ontstaan van die kosmos, en sterrekunde handel. Dié boek was ’n groot sukses en is met die Insig-prys vir niefiksie en die Andrew Murray-prys bekroon.

Joubert is in 2010 oorlede in Somerset Wes op ouderom 87.

Boekbesonderhede


» read article

Nuwe uitgawe van Die groot gedagte deur Gideon Joubert

Die groot gedagteDie Groot Gedagte, die eerste omvattende sterrekunde-boek om in Afrikaans te verskyn, het onmiddellik by publikasie groot opslae gemaak en het sedertdien meer as 30 000 eksemplare verkoop.

Die talle ontdekkings van die afgelope dekade het ’n uitgebreide en opgedateerde uitgawe genoodsaak. Veral data wat deur die Hubble-teleskoop deurgesend word het baie ou teorieë laat wankel.

Nou is die heel jongste kennis oor die kosmologie en die kwantumfisika weer in Afrikaans beskikbaar. Dit word pakkend aangebied vir kenners én leke, en danksy die maklik verstaanbare taal word uiters ingewikkelde begrippe en teorieë toeganklik. Aktuele en kontroversiële vraagstukke soos die verband tussen die oerknal-teorie en die Bybel word ook aangespreek.

“Toeganklik … met joernalistieke taal en styl, konkrete illustrasies, kort opsommings en samevattings, pittige opmerkings en eenvoudige, logiese argumente. Dit alles verpak Joubert in ’n dramatiese storie, asof dit ’n nuusstorie is, vol spanning, wendinge, verrassings, bedreiginge. Dit word ’n joernaal van: die geweld en rustigheid van kosmiese kragte, die chaos en die orde, die presiese en die onvoorspelbare, die lig en die duisternis, die meetbare en die mistieke.” — Willem de Klerk, Rapport

“Briljant.” — Prof Gawie Cillié

Boekbesonderhede


» read article

Meet NB Publishers at the Cape Town Book Fair

NB Publishers is delighted to invite you to our chock-full Cape Town Book Fair programme. We’ll see you at the CTICC!

Don’t forget to visit us at stand H11c, just around the corner from the Dalro forum and the demo kitchen. We’ll cook up a good read for you!

Plante kan praatKWELA KOFFIE-UUR
Saterdag 31 Julie, 10:00, Kamer 1.41

Jeanne Goosen & Parow: Oplaas, ná vyftien jaar, verskyn daar weer ’n kortverhaalbundel deur die bekroonde skrywer Jeanne Goosen. Jeanne gesels oor Plante kan praat: oor die skryf van kortverhale, oor Parow, malvasteggies en veral lemoenbome.

 

**

SwartskaapHappiness is a Four-Letter WordSmall Moving PartsThe Elephant in the RoomKWELA COFFEE HOUR
Saturday 31 July, 11:00, Room 1.41

From Vereeniging to Rosebank, from Plumstead to the Bluff: Well-known author Mike Nicol chats to four debut novelists about landscape and memory: Odette Schoeman (Swartskaap), Cynthia Jele (Happiness is a Four-Letter Word), Sally-Ann Murray (Small Moving Parts) and Maya Fowler (The Elephant in the Room).

**

The War for South AfricaTHE WAR FOR SOUTH AFRICA
Saturday 31 July, 12:00, Room 1.41

Freek Robinson, well-known TV journalist, in conversation with historian Bill Nasson about his new book on the Anglo-Boer War. Nasson explores how the Anglo-Boer War shaped South Africa’s future and how it has come to be remembered in a post-apartheid South Africa. The conversation with Nasson is bound to make you look at this war from a new angle.

**

AfstandeAFSTANDE
Saterdag 31 Julie, 13:00, Kamer 1.41

Afstande is ’n aksiebelaaide reisavontuur bevolk deur waarsêers en hekse, fanatiese profete en hul kranksinnige profesieë, en voetsoldate wat leef van varkbloed en asyn. Maar Afstande is ook een van die merkwaardigste militêre veldtogte in die geskiedenis. Dan Sleigh vertel waarom dié verhaal van die Griekse skrywer-soldaat Xenophon ná 2 400 jaar nog onthou en oorvertel word.

**

Home InvasionKaroonag en ander verhalePlaasmoordAbel se ontwakingMISDAAD
Saterdag 31 Julie, 14:00, Dalro Forum

Feite & Fiksie – Elmari Rautenbach, adjunkredakteur van Drum, gesels met Rudolph Zinn, senior dosent in kriminologie en skrywer van die opspraakwekkende Home Invasion, en bekende misdaadskrywers Deon Meyer (Karoonag), Karin Brynard (Plaasmoord) en Chris Karsten (Abel se ontwaking), oor hoe ná aan die waarheid Suid-Afrikaanse misdaadromans kom.

**

Toeris in HillbrowTOERIS IN HILLBROW
Sondag 1 Augustus, 10:00, Dalro Forum

Danie Marais, bekroonde digter, gesels met Andries Bezuidenhout oor sy bundel rubrieke, Toeris in Hillbrow. Bezuidenhout se werk as musikant, digter en navorser maak dat hy baie reis. Hy ontmoet mense in uiteenlopende plekke; van kroeë tot fabrieke, mynhostelle tot veiligheidskomplekse. Hy praat vir ons almal, óók vir die skoonmakers en die mynwerkers.

**

Matie Brink se potjiekosHuiskok GlanskokMARTELIZE & ERRIEDA DEMONSTRASIES
Sondag 1 Augustus, 10:00, Chefs Theatre

Martelize Brink en Errieda du Toit, bekende stemme op RSG, demonstreer van die heerlikste geregte uit Matie Brink se Potjiekos en Huiskok Glanskok.

 
 

**

Witboy in AfrikaStoffel in AfrikaEtoshaWITBOY EN VRIENDE IN AFRIKA
Sondag 1 Augustus, 13:00, Dalro Forum

Johann Myburgh, omroeper van Radio Helderberg, gesels met Deon Maas (Witboy in Afrika), Christiaan Bakkes (Stoffel in Afrika) en Piet van Rooyen (Etosha) oor hul uiteenlopende ervarings in Afrika.

 

**

Huisgenoot BakboekYOU Let's BakeCARMEN NIEHAUS DEMONSTRATIONS
Sunday 1 August, 16:00, Chefs Theatre

Carmen Niehaus, one of South Africa’s top food and cookery authors, with over 20 best-selling cookery titles to her name, will demonstrate how easy it is to bake with flair from her two new books, Huisgenoot Bakboek and You Let’s Bake.

 

**

Finweek Book of Cryptic CrosswordsFinweek Book of Cryptic Crosswords 2Finweek Book of Cryptic Crosswords 3Finweek Book of Phrases for Cryptic CrosswordsCRYPTIC CROSSWORDS
Monday 2 August, 11:00, Room 1.42

Dr Wanda Smith (Pharos Dictionaries), Petra Maree (NB Publishers) and Jack Dunwoody (crossword expert) demonstrate how dictionaries and crossword puzzles can be used to entertain and delight learners.

 

~ ~ ~

 

Book details

Scribd.com book preview:

Swartskaap

Scribd.com book preview:

Happiness is a Four-Letter Word

Scribd.com book preview:

The Elephant in the Room

Scribd.com book preview:

Home Invasion: Robbers disclose what you should know

Scribd.com book preview:

Witboy in Afrika

Scribd.com book preview:

Witboy in Africa: Diary of a Troublemaker


» read article

Nadine Petrick gesels met Christiaan Bakkes oor Stoffel in Afrika

Stoffel in AfrikaChristiaan Bakkes sal nooit weer in die stad kan bly nie. “Ek dryf verder en verder weg van die samelewing,” het Bakkes in ‘n onderhoud met Nadine Petrick op LitNet gesê.

Bakkes en sy vrou Emsie bly in ‘n tent in Damaraland en doen begeleide toere in onder andere Uganda. Hy is eenmaal deur ‘n krokodil gepak en het die gebruik van sy linker hand verloor.

Sy nuwe boek, Stoffel in Afrika, is net so vol avonture soos sy werklike lewe (of selfs meer).

Jou vyfde boek oor jou alter ego Stoffel Mathysen, Stoffel in Afrika, het pas verskyn. Het jy verwag dat die eerste boek so suksesvol sou wees dat dit uiteindelik ’n reeks sou word?

Skryf het vir my ’n wegholperd geword. Ek het nooit kon dink dat dit so ver sou gaan nie. Daai perd het nog nie ophou galop nie en die rit is wonderlik.

Boekbesonderhede


» read article

Dave Pepler ontdek die perfekte donker parfuum

Bulgari Black

ImmergroenBasta met blomtuine en rosies, Dave Pepler is hoogs tevrede met die parfumiers se avontuurlistige nuwe, donker geure.

As jy na ‘n roos wil ruik, dra een, en as jy na ‘n deurmekaar-tuin wil ruik, koop goedkoop reukwater.

Maar sou jy belangstel in reise van die verbeelding en in verkennings van jou intieme self, dan moet jy begin eksperimenteer met die randfigure van die parfuum-wêreld. Eers onlangs het parfumiers en dapper entrepreneurs begin wegbreek van die vasgepende note en families (sien vorige blog) en radikaal nuwe konkoksies begin maak. Van al die donker geure, troon Bulgari se hemelse Black bo almal uit …

Boekbesonderhede


Foto te danke aan Ray32


» read article

Dave Pepler en die geur van katjiepiering

Katjiepiering

ImmergroenThe Thinking Man - Dave PeplerDave Pepler, die man van geure, gesels in sy rubriek oor ‘n blom met ‘n seldsame reuk – die Gardenia augusta beter bekend as die Katjiepiering. Soos Pepler self aanvoer; “Katjiepiering ruik na katjiepiering. En na niks anders nie.”

Ek het vergeet hoe jonk ek was toe ek vroeg een oggend, in die lente van 1984, die lang kronkelpad opgestap het na die Alhambra in Granada, Spanje. Soos ‘n seeskulp met ‘n kosbare juweel daarbinne verklik die gebou niks van buite nie. Die argitektuur is monumentaal, maar sonder groot ontwerp, byna organies, asof dit as nagedagte aanmekaargesit is. Dan tref die ruimtes jou, een na die ander, suiwer, koel abstraksie, byna om soos deur ‘n albaster te kyk.

Na ‘n uur moes ek na buite, oorversadig aan die oordaad van detail, die skoonheid, die gees. Ek het verder bult-op gestap na die Generalife, die Nasrid-konings se rusplek – Die tuin van die hoë paradys. By die fontein van die Patio de la Acequia het ek ‘n koeltekol gekry, my water gedrink. Met my oë toe, my rug teen die stam van ‘n sipres, het ek bewus geword van ‘n geur in die lou oggendlug. Nou, as ek katjiepiering ruik, voel ek die bas teen my blaaie, hoor ek water drup en sien, agter my oë, die sneeu van die Sierra Nevadas.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Kartuz


» read article

Dave Pepler praat oor parfuum

ImmergroenForever GreenThe Thinking Man - Dave PeplerDave Pepler is ‘n man van vele passies maar moontlik is die lekkerste een tans sy passie vir parfuum. Pepler het deesdae ‘n blog in SARIE en hierdie week praat hy net oor lieflike reuke (baie bekend, sommige ‘n nuwe avontuur).

Hoe breek jy weg van die bekende botteltjies op jou spieëlkas?

So, jy wil meer weet van parfuum? Daar is slegs een probleem, en dit is dat jy op die platteland woon en beperkte toegang het tot die wêreld van reuke. Jy het jou ma se “scent”-smaak geërf, en nou en dan iets nuuts en vreemds aan ‘n reisende vriendin geruik. Hoe breek jy weg van die bekende botteltjies op jou spieëlkas?

Die laaste vyf jaar het verstommende vernuwing gebring in die parfuum-mark in Suid-Afrika. Stap enige groot winkelsentrum binne en kort voor lank loop jy jou vas teen Edgars se Red Square waar ‘n verstommende verskeidenheid parfuums jou begroet. Ook Foschini het onlangs begin met ‘n parfuum-afdeling met ‘n effens kleiner aanbod.

Boekbesonderhede


» read article

Mike Lundy Presents Scenic Day Drives from Cape Town

Scenic Day Drives from Cape TownScenic Day Drives from Cape Town is a friendly guidebook for visitors and Capetonians to discover Cape Town and surrounds as “a place of a lifetime”.

The 15 drives, with colour maps and photographs and descriptions filled with fact and anecdote, can all be completed within a day, while allowing enough time for suggested activities en route. Every drive begins and ends at the Cape Town Convention Centre. The exact driving time, distance, and time allowance for fitting in visits to places of interest and lunch stops, are given in each instance.

Activities en route include a trip up the Cable Car, a ferry ride to Robben Island, visits to the West Coast National and Fossil Parks, wine tastings at the picturesque Stellenbosch and Franschhoek wine estates, and getting acquainted with Africa’s Big Five and the ocean’s Big Two.

  • The ideal book for visitors to the Mother City.
  • Each of the 15 scenic drives can be completed within a day.
  • Every drive departs from and ends at the CTICC.

About the author

Mike Lundy is an expert on the scenic beauty of Cape Town and surrounds. Well known amongst hikers, he has authored or co-authored 7 books on hiking, including Weekend trails in the Western Cape. He is a regular contributor on hiking to the press and radio and a tour guide for Table Mountain National Park. His exceptional service to the hiking community has been recognised with a merit award from the Hiking Federation of South Africa.

Book details


» read article

Hanlie Retief gaan kuier by Dave Pepler, outeur van Immergroen

ImmergroenThe Thinking Man - Dave PeplerDave Pepler is ‘n besige man; nie net is hy die aanbieder van kykNet se Groen nie, hy skryf ook artikels vir VISI, gee klas vir meestersgraadstudente by die Universiteit van Stellenbosch en, hy’s sopas ‘n boek gesrkyf: Immgergroen: Stories oor plante. Die boek is ook in Engels beskikbaar as Forever Green.

Hanlie Retief het namens Rapport met die merkwaardige man gaan gesels:

Hy wag my in, ’n skraal man in die middel van ’n groen pad.

Die dag is aan die breek.

Kom in, wink hy, maar suutjies, hier’s twee vaak muskeljaatkatjies wat hy onder die motorafdak grootmaak.

In sy skemer huis, sommer vir ’n welkom, brand drie kerse. Dis ’n ou stal op ’n plaas buite Idasvallei, Stellenbosch, sonder fieterjasies, soos ’n nes in ’n boom.

Boekbesonderhede


» read article

Dave Pepler from kykNet’s Groen Talks About His New Book, Forever Green /Immergroen, at the Mount Nelson

The Thinking Man - Dave Pepler

Forever GreenImmergroenDave Pepler has loved plants since his grandfather used to push him along in a wheelbarrow on his walks into the veld. Thus it comes as no surprise when Pepler describes his book Forever Green / Immergroen as being about longing. A hankering after things which we have lost – like childhood adventures and time with our grandfathers, or mislaid like a closer connection with nature that surrounds us.

Forever Green is filled with Dave’s stories about plants and the connection between them and ourselves. His beautiful prose is complemented by Lien Botha’s stunning photography and Laurian Browns’ plant knowledge. Where better than to hold a talk about such a work of art than at the elegant Mount Nelson in Cape Town?

Pepler took guests on an entertaining walk through the hotel’s stunning garden, regaling them with anecdotes about this plant and that person, whereafter everyone got stuck into high tea with cakes and tarts and little nibbles, all the while surrounded by luscious green, green, green.

Gallery

Happy Guests A Beautiful Venue Potted Goodness Goodies for the Guests Good Conversation Green, green, green Dave Pepler and Friend In Conversation with Dave Pepler Dave Pepler Happy Guests The Books and Guests Good food, good book, good friends In Conversation with Mervyn Sloman In Conversation Beautiful Guests for an Elegant Venue High Tea at the Mount Nelson Nothing like Cake and Conversation Spring! A Stunning Arrangement Nature's Colours Immergroen Forever Green The Book in Afrikaans and English Tranquil Nature Getting Closer to the Plants A Walk and Talk with the Author A Peaceful Walkway Lushious Green at the Mount Nelson

Book details


» read article