Archive for the ‘Non-fiction’ Category
by Chris on Feb 22nd, 2012
NuusNou gee ‘n eksemplaar van die boek Spreuke van CJ Langenhoven, saamgestel deur JA Scannell, weg.
Om ‘n kans te staan om te wen, moet jy die tydskrif se Facebook-blad “like” en by die “Wen met NuusNou” skakel jou kontakbesonderhede invul en die volgende vraag beantwoord:
Uit hoeveel dele bestaan CJ Langenhoven se Versamelde Werke?
Die kompetisie sluit Donderdag 23 Februarie en die wenner sal in die tydskrif aangekondig word.
Boekbesonderhede
» read article
by Chris on Feb 16th, 2012
Pharos is proud to have published The Write Stuff, a style-guide tailored for South Africa. The new and expanded edition makes it even easier to communicate meaningfully and effectively, through a simple layout and clear examples.
The Write Stuff – Press Release
Book details
» read article
by Chris on Feb 15th, 2012
NewsNow is giving away a copy of Ebbe Dommisse’s Sir David Pieter de Villiers Graaff: First Baronet of De Grendel. To enter and stand a chance to win, simply like NewsNow on Facebook and fill out the form on the “Win with NewsNow” tab. You’ll need to be able to answer the following question:
Which South African city was Sir De Villiers Graaff the mayor of?
Competition closes Thursday 16 February 2012. Good luck!
Book details
» read article
by Chris on Feb 9th, 2012

Nog ‘n wonderlike toevoeging tot die propvol Woordfeesprogram is hierdie week aangekondig toe Marita van der Vyver bevestig het dat sy vanuit Frankryk gaan kom om aan ‘n middagetegesprek oor haar komende roman deel te neem.
Op 7 Maart om 12:00 sal Van der Vyver saam met feesgangers aansit vir ‘n heerlik middagete by die Knorhoek-wynplaas. Haar uitgewer, Riana Barnard, sal met haar in gesprek tree oor haar nuwe roman wat in Oktober vanjaar verskyn. Van der Vyver gaan ook as beoordelaar vir die fees se WOORDtroFEE-toekennings optree.
’n Verrassing wag op boekliefhebbers by vanjaar se US Woordfees in die vorm van die gewilde skrywer Marita van der Vyver. Van der Vyver, wat deesdae in Frankryk woon, tree op as beoordelaar vir die fees se WOORDtroFEE-toekennings en gaan ook as spesiale feesgas oor ‘n plaasmiddagete oor haar nuwe roman gesels.
Dié gesprek vind plaas op 7 Maart op die Knorhoek-wynplaas. Haar uitgewer, Riana Barnard, gaan die gespreksleier wees.
Terwyl jy wag vir Van der Vyver om na Suid-Afrika te kom, kan jy solank met haar in kontak bly deur haar boekeblog te besoek. Van der Vyver het die skakel vir haar blog met LitNet gedeel, sowel as vyf ander webtuistes wat sy gereeld besoek en geniet:
1. Flavorwire
Interessante en amusante kulturele nuus, soos byvoorbeeld die 30 bitsigste aanmerkings wat beroemde skrywers oor ander beroemde skrywers gemaak het – eina!.
2. Advanced Style
‘n Jong man dwaal daagliks deur die strate van New York en neem foto’s van stylvolle “bejaardes” tussen 70 en 100 jaar oud. Medisyne vir enigiemand wat bang is vir die ouderdom.
Boekbesonderhede
» read article
by Chris on Feb 1st, 2012
Pharos Dictionaries and Peach van Pletzen of the band Yesterday’s Pupil have collaborated to develop a ringtone as a way of alerting students to Pharos’ new English Dictionary for South Africa.
The ringtone is available as a free download from pharosandpeach.com.
Watch the video:
Book details
» read article
by Chris on Jan 31st, 2012

Herman Charles Bosman word meer gereeld met Groot Marico en die Bosveld verbind, maar volgens Tim Sandham, mede-samesteller van A Bosman Companion, het Bosman sowat 100 artikels en essays geskryf waarin elke nuanse van die Johannesburg van sy tyd vasgevang is.
Kirby van der Merwe het Bosman se spoor saam met Sandham deur Johannesburg gevolg. Hulle besoek Gracestraat 14 in Jeppestown waar die Bosman-gesin die eerste keer in Johannesburg kom woon het, die huis in Bellevue-Oos, Isipingo-straat 19, waar Bosman sy stiefbroer doodgeskiet het en die woonstel by nr. 88 in Pollystraat waar Bosman en sy tweede vrou, Ellaleen Manson, ’n ruk lank gewoon het.
Hul toer doen ook onder meer aan by Bosman se skool, Hoërskool Jeppe in Kensington, die Johannesburgse stadsbiblioteek waar Bosman ure deurgebring het, en Ghandi-plein waar ‘n reuse-foto van Bosman teen een van die geboue pryk.
Ek en Tim Sandham is al van vroeg vanoggend op Herman Charles Bosman se spoor in Johannesburg se middestad. Al is Bosman se naam sinoniem met die Marico-distrik en karakters soos oom Schalk Lourens van die Bosveld, het hy die grootste deel van sy lewe in die Goudstad gewoon, gewerk en geskryf. “En hy is hier dood en begrawe,” sê Tim, saam met Craig MacKenzie die skrywer van A Bosman Companion – From Abjaterskop to Zwingli, wat onlangs hier verskyn het.
Ons staan in Bosman se alma mater, die Hoërskool Jeppe in Kensington, in die einste vertrek waaroor Bosman geskryf het in sy essay “Jeppe High Revisited”. Die nuwe skooljaar het pas begin, en die skool se gange is die ene rumoer. ’n Ouerpaar sit in die voorportaal om ’n kind te kom inskryf; elders klink vrolike kinderstemme uit ’n klas- kamer.
Boekbesonderhede
Foto te danke aan Beeld
» read article
by Chris on Jan 31st, 2012
1 111 111 copies of Cook and Enjoy sold!
Cook and Enjoy and Kook en geniet by SJA de Villiers have just surpassed the sales figure of 1 111 111. This extremely popular cookbook, published by Human & Rousseau (an imprint of NB Publishers) remains on the top seller list. “Cook and Enjoy is a household name in South Africa and is still a hit after more than 60 years,” says Eloise Wessels, CEO of NB Publishers, about the latest milestone.
Shortly after Cook and Enjoy was published in 1951, it became known as the “bible of cooking” for young Afrikaners. It has been reprinted several times in its old format. In 1992 Human & Rousseau published revised editions of the Afrikaans as well as the English version with the help of De Villiers.
The current edition of Cook and Enjoy was published in November 2009 by Human & Rousseau. De Villiers’s daughter, Eunice van der Berg, a home economist like her mother, worked through the text and modernised it where necessary without losing the essence of the Cook and Enjoy we all know and love.
~ ~ ~
1 111 111 eksemplare van Kook en geniet verkoop!
Kook en geniet en Cook and Enjoy deur SJA de Villiers het pas die verkoopsyfer van 1 111 111 oortref. Dié gesogte kookboek bly ononderbroke een van Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers, se topverkopers. “Kook en geniet is ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika en bly na meer as 60 jaar steeds ’n treffer,” sê Eloise Wessels, uitvoerende hoof van NB-Uitgewers oor die nuwe mylpaal.
Kook en geniet was uit die staanspoor bekend as die “Bybel van kookkuns” vir jong Afrikaners na die eerste publikasie in 1951. Dit het talle herdrukke in sy ou formaat beleef. In 1990 het Human & Rousseau die regte verkry om die kookboek in Afrikaans in sy ou formaat te publiseer, en in 1992 het ’n hersiene uitgawe van sowel die Afrikaanse as Engelse uitgawes met die hulp van De Villiers verskyn.
In November 2009 het Human & Rousseau ‘n nuwe bygewerkte uitgawe van Kook en geniet en Cook and Enjoy gepubliseer. De Villiers se dogter, Eunice van der Berg, ’n huishoudkundige soos haar ma, het deur die kopie gewerk en gemoderniseer waar nodig sonder dat die essensie van die Kook en geniet wat ons almal ken en lief het, verlore gaan.
Book details
» read article
by Chris on Jan 30th, 2012

Deon Maas is “heavy into” geskiedenis en agtergrond. As seun het hy gedurende skoolvakansies selfopgelegde take in die Kaapse argiewe oor geskiedkundige onderwerpe soos die Ku Klux Klan en Haile Selassie gedoen.
Dit is hierdie drang om sake in diepte te verstaan, wat daartoe gelei het dat Maas reisjoernalistiek, geskiedskrywing en outobiografie so goed in sy boek Witboy in Afrika kon kombineer.
Danie Marais het met Maas gesels oor die opvolg op Witboy in Afrika wat eersdaags verskyn en die wanopvattings wat oor hom as skrywer bestaan. Maas hou vol dat hy nie ‘n kwaadstoker is nie. “Ek wou nog altyd net mense aan die dink sit.”
‘Ek kom nooit Kaap toe sonder om hier te eet nie,” sê Deon Maas en slaan Minato se spyskaart oop. Dalk lyk ek effe bekommerd oor sy entoesiasme, want hy voeg dadelik by: “Vir soesji wat so oorspronklik soos hierdie plek s’n is, is dit regtig goedkoop. En ek eet nie baie nie. Ek gaan wel indulge in ’n Japannese bier. Maar jy moet die Crying Balls probeer. Hulle meng die rys met wasabi. Ongelooflik!”
Twee yskoue Kirins daag op en ons drink albei die eerste twee slukke in gewyde stilte. Die Kaap is in die sweterige greep van ’n wrede hittegolf, maar in die koel skemerte van Minato aan die einde van ’n stil stegie in Buitenstraat, kan ’n mens regtig nie kla nie. Die plek se dekor is duidelik min geskeel oor Kaapse modes en kontemporêre style. Daar’s bont Oosterse kimono’s teen die mure (ek raai Japannees, maar Deon meen die eienaars is eintlik Koreane) en die meubels is plastiekerig goedkoop maar gemaklik.
Boekbesonderhede
Scribd.com book preview:
Witboy in Afrika
Scribd.com book preview:
Witboy in Africa: Diary of a Troublemaker
» read article
by Chris on Jan 26th, 2012

Bernice van der Merwe, assistant food editor at You and Huisgenoot and author of One-Two-Three On The Table, shares her recipe for vanilla cupcakes topped with vanilla butter icing with Expresso:
Ingredients:
1 ½ cups (375ml) flour
¾ cup (180ml) sugar
2 tsp baking powder
½ tsp salt
½ cup (125ml) milk
½ cup (125ml) oil
2 eggs
1 tsp vanilla essence
Method:
Sift dry ingredients together.
Add wet ingredients to the dry ingredients and beat well until smooth and creamy.
Book details
» read article
by Chris on Jan 25th, 2012
Speurhond Willem in die ruimte
Ná hulle vorige avonture in Europa, die Indiese Oseaan en die Bosveld neem Willem en Adriaan se nuutste sending hulle dié keer na selfs meer onbekende terrein: die Internasionale Ruimtestasie!
Voor jy kan sê “gespikkelde spanjoel” is Willem en Adriaan op pad Baikonoer toe; in Kazakhstan, vanwaar hulle in ‘n Sojoes-ruimtetuig gelanseer word. Iets skort met die Internasionale Ruimtestasie se suurstof-toevoerstelsel. Kan dit wees dat ‘n saboteur hier doenig is?
Hierdie is die vierde boek in die reeks. Daar is ook:
Speurhond Willem op reis
Speurhond Willem en die seerowers
Speurhond Willem en die wilddiewe
Oor die outeur
Elizabeth Wasserman is professor en hoof van die afdeling Geneeskundige Mikrobiologie van die Universiteit van Stellenbosch se Tygerberg-kampus.
Sy is ook die skrywer van Meerkatrestaurant (LAPA, 2009). Haar eerste Speurhond Willem-storie is uitgedink en geskryf op vliegtuie, treine en kafeetafels gedurende twee Europese studiereise in 2008.
Hierna volg nog twee Speurhond Willem-avonture in 2011. Speurhond Willem in die ruimte is die vierde boek in die reeks. Willem, ‘n swart-en-wit spanjoel, woon regtig by Elizabeth en haar gesin in Welgedacht, naby Kaapstad.
My lig-die-flappie woordeboek
Al die flappies in hierdie boek sorg dat dit groot pret is om uit te vind watter woorde by watter prentjies pas. Dit is die ideale manier vir beginnerlesers om eerste woorde te oefen en te leer herken.
Daar is ook heelwat vir jonger kinders om te soek, te benoem en te bespreek, om eerste leesvaardighede en woordeskat te ontwikkel.
My lig-die-flappie telboek
Hierdie pragtige boek help kinders om pas-, tel- en syfervaardighede te ontwikkel. Speel-speel leer hulle tot by vyf tel. Daar is meer as 80 flappies om op te lig en baie dinge om te ontdek, te benoem en te bespreek.
Perfek vir jonger kinders en beginnerlesers.
Diere-verskille
Kinders word gefassineer deur dinge wat ekstreem is in hulle ervaringswêreld en hoe hierdie dinge met mekaar vergelyk – soos die grootste, die kleinste, die vinnigste, die stadigste, die slimste en die domste kreature in die wonderlike wêreld van die diereryk!
Hierdie boek beskryf en illustreer allerhande diere se karaktereienskappe en vergelyk dit met ander diere wat se eienskappe presies teenoorgesteld is.
Jong lesers kan hulle verstom aan tonne wonderlike feite oor diere van regoor die wêreld! Hierdie boek spog met pragtige aksiefoto’s van interessante diere en dieregedrag en sluit ook praktiese wenke in vir ouers en onderwysers oor leersame aktiwiteit en speletjies.
Boekbesonderhede
» read article