Archive for the ‘Non-fiction’ Category
by Chris on Apr 16th, 2012

Dana Snyman is in wese ‘n “sendeling vir stories”.
Só het hy in ‘n onderhoud met RSG, wat regstreeks vanaf die onlangse Woordfees uitgesaai is, gesê. “Ek probeer siele bekeer vir stories”.
Snyman wil mense laat verstaan dat stories “gewone goed” is. “Ons almal het stories. Stories is nie iets verhewe nie en skrywers behoort ook nie verhewe te wees nie.”
Luister na die potgooi waarin Snyman ook oor die produksie Hier huil jy net twee keer gesels, wat hy saam met die groep Klopjag by die fees aangebied het:
Snyman se nuutste bundel reisverhale, Hiervandaan, het einde verlede jaar verskyn. Lees ‘n uittreksel waarin Snyman die Lord Milner Hotel op Matjiesfontein besoek:
Die Lord Milner Hotel lyk van ver af soos ‘n passasierskip wat Matjiesfontein, aan die N1 tussen Touwsrivier en Laingsburg, vir die aand aangedoen het.
‘n Kruier in hoteluniform kom help my op die donker parkeerterrein voor die hotel goed uit die bakkie haal. Dit is inderdaad môre AllPay-dag op Laingsburg, bevestig hy. Toe ek hom vra hoe hy dit weet, antwoord hy byna verontwaardig: “Hulle kom mos elke maand verby, Meneer.”
In die kamer is ʼn koperkatel, en op die bed lê twee suiglekkers, ʼn rooie en ʼn pienke. Eers haal ek die dag se opgegaarde goed uit my broek se sakke en sit dit op die spieëltafel neer: kleingeld, kontantstrokies, die omhulsel van ʼn Snacker-sjokolade. Om te reis, nog meer as wanneer ek tuis is, is vir my ʼn verbete stryd teen wanorde, in my kop en selfs in my broeksakke en bagasie.
Boekbesonderhede
Foto te danke aan Roekeloos
» read article
by Chris on Apr 11th, 2012
Selfs vir mense wat hom goed ken, sal televisievervaardiger Christo Gerlach se outobiografie, Agter die skerms: My donker reis na die lig, “ontstellend” wees. “Skokkend selfs,” het hy in ‘n video-onderhoud erken.
In die boek vertel Gerlach, vervaardiger van televisiereekse soos die glansprogram Glitterati en Tonge Los, van sy stryd met depressie en dwelmverslawing:
Boekbesonderhede
» read article
by Chris on Mar 30th, 2012
Dana Snyman’s celebrated travel memoir, Hiervandaan, is now available in English as The Long Way Home: A Journey Through South Africa:
In The Long Way Home, renowned travel writer Dana Snyman goes in search of his roots as he grapples with his place in South Africa today.
He starts this distinctly South African story with the first Snyman, born of a white father and a slave mother. His travels take him off the beaten track, and his encounters with the forgotten people of the back roads are filled with the humour and compassion he is known for.
On a last trip home, to visit his seriously ill father, he also goes looking for the homes of Julius Malema and Jacob Zuma.
Honest, moving, yet filled with hope and a uniquely South African humour.
About the author
Dana Snyman was born in Stellenbosch in 1963. He matriculated at Nylstroom High School in 1980. After finishing high school, Dana worked as a security guard in Pretoria, enlisted in the army, worked in a bookshop, sold movie tickets at the Sterland Bioscope (in Pretoria) and worked as a switchboard operator. Thereafter, he studied journalism at Pretoria Technicon.
He started his journalism career as a crime reporter at Beeld, and he later worked as a features writer at Huisgenoot. He joined the travel magazine Wegbreek (the name was later changed to Weg) as a travel writer and columnist in 2004 and later became the travel editor at Weg. These days he’s a fulltime freelance writer of, among other things, magazine articles and columns. His first book, Uit die binneland, was published in 2005, and was followed by Anderkant die scrap (2006) and Op die agterpaaie (2008).
Book details
» read article
by Chris on Mar 27th, 2012
At last! The incredibly popular YOU Let’s Cook has been made accessible to all. This cookbook for beginners (and for scared or clumsy aspirant cooks) explains every step of every recipe fully.
Now there’s no need to be uncertain about precisely what is meant by a cookery term or which utensil to use. Each step of the process is clearly described and is accompanied by a full-colour photograph.
Equally useful to beginner cooks, young people and even children, this book is bound to become an indispensible and well-thumbed kitchen help. The presentation is simple and without unnecessary frills, and the book contains a variety of recipes for every palate.
Each of the 66 recipes features a series of photographs to guide you, starting with a photograph of the ingredients, then the preparation, baking or cooking, and ending with a photograph of the final product. This is as close as you can come to attending a cookery course without leaving your own kitchen.
From the trusted Carmen Niehaus and with the backing of the YOU name, YOU Let’s Cook Step-By-Step is a sure-fire winner.
About the author
Carmen Niehaus has been the food editor for Huisgenoot and YOU since 1989, and is currently filling the shoes of both décor and food editor. She has built up a loyal following with her innovative but practical recipes. Carmen has received various awards for her work and has published more than 20 cookery books.
~ ~ ~
Uiteindelik! Die topverkoper Huisgenoot-Wenresepte reeks is nou ook toegangklik vir nuwe kokke of mense wat sukkel in die kombuis.
Nooit weer hoef jy onseker te voel of te wonder oor presies wat die resep nou eintlik bedoel met ’n kookterm nie…Elke stappie van die kosmaakproses is hier duidelik uiteengesit en word volledig verduidelik met volkleurfoto’s.
Huisgenoot Wenresepte Stap-vir-Stap kan met ewe veel vrug deur beginnerkokke, jongmense en selfs kinders gebruik word. Dis sonder tierlantyntjies en sluit resepte in wat ’n wye verskeidenheid van smake sal pas.
Elk van die 66 resepte gaan gepaard met foto’s wat elke stap, van bestanddele bymekaarkry tot voorbereiding, bak, kook en voorsit volledig toelig. Dis so na aan ’n werklike kookklas as wat jy kan kom sonder om jou eie kombuis te verlaat.
Uit die vertroude pen van Carmen Niehaus en met die wye aanklank wat die Huisgenoot naam verskaf, het ons hier verseker ’n voltreffer.
Oor die skrywer
Carmen Niehaus is sedert 1989 die kosredakteur van Huisgenoot en YOU en staan tans die skoene vol van beide die kos- en dekorredakteur. Sy geniet groot aanhang met haar innoverende maar praktiese resepte. Carmen het al verskeie toekennings vir haar werk ontvang en het reeds meer as 20 resepteboeke gepubliseer.
Book details
» read article
by Chris on Mar 26th, 2012
City Press and Tafelberg Publishers, an imprint of NB Publishers, are proud to announce their partnership in investing in non-fiction authors by means of an annual award. The award of R60 000 will be made on an annual basis to an author to fund the research for a non-fiction book on a subject of importance in the South African context.
“We are very excited about this new prize and proud to enter into the venture with City Press, one of South Africa’s foremost publications. It is a wonderful opportunity for non-fiction authors and the publications that will result from this competition are sure to stimulate debate and be of great interest to the reading public. We look forward to working with Ferial Haffajee and her team,” says Eloise Wessels, CEO of NB Publishers.
Ferial Haffajee, Editor-in-Chief of City Press, says: “In a world of the sound-bite, the 140 character tweet, in a country of quick pace and quicker politics, we are proud to support the slow word and the contemplative thought with our talented publishing partners.”
The criteria for the award are
- Relevance: Should add to our understanding of South African society, history and politics
- Independence: Should be unafraid to investigate uncomfortable or difficult issues
- Credibility: the quality of the research and information should be impeccable
- Readability: The book should be accessible with good quality writing
Applications by authors to include
- One page description of book on why the subject is significant in the South African context;
- Draft table of contents;
- At least one chapter;
- Author CV
The entry form can be downloaded from the Tafelberg website: www.tafelberg.com and submissions must be received by 1 July 2012.
» read article
by Chris on Mar 26th, 2012
Kalk Bay Books kicks off a new lecture series with author and futurist Clem Sunter on 4 April 2012.
Using his book The Fox Trilogy as background, Clem will speak about “The World and South Africa Beyond 2012- The Latest Scenarios, Flags and Probabilities”.
The lecture will cover:
1. How to look at the future in an intelligent, foxy manner;
2. The latest global economic scenarios; and
3. The possibilities for South Africa.
Copies of The Fox Trilogy and Foxy Futurists will be available for purchase, and Sunter will sign copies after the lecture.
Please note that there will be limited seating plus standing room for a total of 100 people only. Booking and prepayment for the evening is essential.
Event Details
Book Details
» read article
by Chris on Mar 23rd, 2012
Sedert die verskyning van die titel in 2003 was daar veranderinge op die wêreldtoneel, in die Suid-Afrikaanse mediabedryf, aan die taalfront en in die praktyk van wetenskaplike teksversorging wat die hersiening van dié toonaangewende stylgids genoodsaak het.
Een daarvan was die verskyning van die tiende, omvattend herbewerkte uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls in 2009.
In die hersiene uitgawe van Skryf Afrikaans A tot Z word spesiaal aandag geskenk aan die korrekte, wetenskaplike gebruik van elektroniese (naslaan)bronne.
As gevolg van die verskyning van Afrikaanse poniekoerante op die plaaslike mediatoneel word daar ook kortliks gekyk na die universele verskille in die onderskeie taalbenaderings van hoofstroom- en poniekoerante.
Die bestaande twee dele van SAAZ is dus hersien en bygewerk, en ’n derde, kort deel bygevoeg oor die praktyk van professionele, wetenskaplike teksversorging.
SAAZ bevat ook ’n lys voorbeelde en verduidelikings van 100 van die algemeenste soorte foute wat in Afrikaanse skryf- en redigeerwerk gemaak word, asook ’n lys Kaapse vernakulêre Afrikaanse woorde en uitdrukkings (Kaapsevlakteafrikaans).
Oor die samestellers
Na jare in die uitgewerswese het Dalene Müller aan die einde van 1992 as senior subredakteur by Die Burger in Kaapstad begin werk.
Kort daarna het sy op J.J.J. Scholtz se “foutelys” afgekom en besef dat joernaliste, vertalers en subredakteurs almal in dieselfde taalslaggate trap. Voorbeelde van taalkundige probleemgevalle is versamel en intussen het die behoefte aan ’n meer eenvormige styl onder Die Burger en sy Afrikaanse susterskoerante, Beeld, Volksblad en Rapport ontstaan. Só is die A-tot-Z-stylgids gebore wat vir die eerste keer in 2003 deur Pharos Woordeboeke gepubliseer is.
Dalene is in Desember 2007 ná ’n kort siekbed oorlede.
Die hersiener van SAAZ, Sebastian (Faan) Pistor, is ’n senior teksversorger van Media24. Hy het 30 jaar ervaring in die uitsaaiwese, uitgewersbedryf en koerantwêreld. Pistor het al verskeie boeke uitgegee, was verslaggewer, teksversorger en taalredakteur van Die Burger en het ook ’n paar jaar ondervinding as senior teksversorger by die Kaapse poniekoerant Son.
Afgesien van sy versameling langspeelplate, sy belangstelling in die geskiedenis van Robbeneiland en die sang en lewensgeskiedenis van die tenoor Gé Korsten, is die praktyk van professionele, wetenskaplike teksversorging die ander groot passie in sy lewe.
Boekbesonderhede
» read article
by Chris on Mar 22nd, 2012
Eers was die raad net bedoel vir Jonathan Jansen se eie kinders wat op die punt van volwassenheid gestaan het. Maar dié stukkies wysheid het gou versprei na die studente van die Universiteit van die Vrystaat – en toe nog verder na Jansen se duidende volgelinge op Facebook en Twitter.
Jansen het elke dag ’n “brief aan sy kinders” geskryf, ’n klein stukkie lewenswysheid oor enigiets van die liefde tot menswees. Dié humoristies dog aangrypende twiets bewys oor en oor hoekom Jansen Suid-Afrika se morele barometer geword het.
Briewe aan my kinders is ’n bundel met outydse raad, geskryf in ’n 21ste eeuse formaat, wat aanklank sal vind by oud en jonk.
Oor die outeur
Professor Jonathan Jansen is die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, waar hy ’n gedugte reputasie vir transformasie opgebou het, asook ’n diep verbintenis tot versoening in gemeenskappe wat met die erfenis van apartheid saamleef.
Hy is ’n opvoedkundige, ’n voormalige Dekaan van Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria, en het ’n indrukwekkende versameling van grade en toekennings, waaronder die posisie as President van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings. Sy rubrieke verskyn gereeld in Beeld en Die Burger en hy is ’n hoogsaangeskrewe kommentator en meningsvormer.
Jansen is getroud en het twee kinders – dis juis aan hulle wat hy met die twietery begin het.
Boekbesonderhede
» read article
by Chris on Mar 20th, 2012

University of Stellenbosch historian, Bill Nasson, has expressed his outrage at the City of Cape Town‘s proposal to move Adderley street’s Cenotaph war memorial in order to make way for a new MyCiTi terminal.
The Cenotaph memorial, which commemorates South African involvement in World War I, World War II and the Korean War, has occupied its current location since 1924.
According to the Cape Argus, Nasson, author of The War for South Africa, has called the idea “appalling”, saying that the Cenotaph is symbolically positioned and “perfectly situated to reflect the city’s connections with the world of the world wars”:
Outrage has greeted a proposal by the City of Cape Town to move the Cenotaph war memorial, which has been in Adderley Street since 1924, to make way for a MyCiTi bus station.
The proposal to move the Cenotaph to the Grand Parade was made in a heritage report commissioned by the city and published by Bridget O’Donoghue, a heritage consultant.
According to the report, the relocation site was proposed after civil and professional organisations were consulted.
Book details
Photo courtesy HiltonT on Flickr
» read article
by Chris on Mar 16th, 2012
Agter die skerms is die outobiografie van Christo Gerlach, vervaardiger van onder meer die televisieprogramme Glitterati en Tonge Los.
Met hierdie ware verhaal onthul die akteur en televisie-vervaardiger Christo Gerlach die skokkende werklikhede agter die glans van die vermaaklikheidsbedryf.
As kind moes Christo die papawers uit sy ouma se tuin ruk omdat sy oupa in die Volksblad gelees het dat dié blom ’n bron van opium is. Jare later sou Christo homself moes ruk uit die kloue van ’n kokaïene-verslawing.
In sy soms pynvol eerlike verhaal vertel hy van sy soeke na die liefde en aanvaarding wat sy pa nooit vir hom gegee het nie, van sy reis van toneelspeler en TV-ster tot vervaardiger van top-reekse soos Idols, Glitterati en Tonge Los. Hy ontbloot sonder skroom wat agter die skerms van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf aangaan. Hy beskryf ook sy tekortkominge in sy drie langtermynverhoudings – wat telkens in skerwe eindig. En hy praat reguit oor sy verslawings aan kokaïene en Stilnox.
En dan is daar die skim van Alfredo – die man wat in sy donkerste ure deel van sy vernietiging was. Christo se reis neem hom van die donkerte tot ’n plek waar genesing kan begin – ’n nuwe lewe van selfaanvaarding.
Oor die outeur
Christo Gerlach is ’n bekende gesig in die verhoog- en televisiewêreld. Hy begin sy loopbaan by SUKOVS in die 1970’s, en verskyn met die jare landwyd op die planke.
Sy toetrede tot televisie bring nasionale roem. Hy het opgetree in die enkeldramas Die Handlanger en Piet-my-vrou en reekse soos Sterretjie en Skooldae. Gerlach word ook onthou sir sy rolle in Transkaroo en Vyfster.
Deesdae is hy meer bekend as vervaardiger van televisiereekse soos die glansprogram Glitterati en Tonge Los.
Gerlach woon in Johannesburg.
Boekbesonderhede
» read article