Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Archive for the ‘Parenting’ Category

Nuwe, bygewerkte uitgawe van Suster Lilian se babasorgboek deur Lilian Leistner

Suster Lilian se babasorgboekSister Lilian's Babycare CompanionSuster Lilian is ’n alombekende en -beminde babasorgkenner. In dié bygewerkte uitgawe van haar hoog aangeskrewe Babasorgboek spreek sy die belangrikste kwessies aan wat ouers van pasgebore babas tot driejarige kleuters raak.

Die boek word ingelei met ’n deurskouende blik op die baba se eerste 12 maande, wat sal verseker dat die ma met die nodige selfvertroue haar baba leer ken. Ouers word gewys op die fisieke en emosionele kenmerke van hul babas, sodat hulle hul werklik intiem sal leer ken. Suster Lilian help hulle om meer staat te maak op hul natuurlike instinkte en gesonde verstand terwyl hulle die nuweling grootmaak.

Algemene ouerskapskwessies word in die onderskeie afdelings beskou. Suster Lilian se benadering is om tradisionele en natuurlike genesing (veral homeopatie) te integreer waar daar kommer oor die gesondheid is (koliek, kindersiektes, eetprobleme, slaapversteurings, noem maar op). Sy bewapen ouers met die nodige insig om self aktief betrokke te raak by hul babas se gesondheid.

Suster Lilian se boek is verseker van ’n plek op die rak van elke ouer wat werklik die beste moontlike ouer vir sy kind wil wees.

.

Oor die outeur

Suster Lilian Leistner is ’n ervare vroedvrou met uitgebreide praktiese ondervinding van swangerskap, geboorte, kindersorg en ouerskap. Sy het ook opleiding in refleksologie en Ayurvediese medisyne en homeopatie. Sy skryf gereeld vir tydskrifte en is die skrywer van verskeie boeke, insluitende Suster Lilian se swangerskap- en geboorteboek. Sy het ook haar eie reeks op SABC 2.

Boekbesonderhede


» read article