Archive for the ‘South Africa’ Category
by Chris on May 15th, 2012
In Gerda Taljaard se nuwe roman, Kelder, lees Esmerelda, ‘n skrywer van liefdesverhale, ‘n koerantberig oor ene Sus Niemand wat vyftig jaar tevore ‘n string babas op ‘n plaas gehad het en hulle byna almal doodgemaak het. Sy word so aangegryp deur die verhaal dat sy ‘n kreatiewe herskepping daarvan begin skryf.
Sus spook as’t ware by Esmerelda. Waarom het sy dit gedoen en waarom voel Esmerelda so aangetrokke tot ‘n verhaal oor kindermoorde?
Kyk die lokprent vir Kelder om jou nuuskierigheid verder te prikkel:
Boekbesonderhede
» read article
by Chris on May 10th, 2012

Tydens ‘n seremonie by die Kasteel in Kaapstad is Dan Sleigh Maandagaand met die koninklike Nederlandse onderskeiding Ridder in die Orde van Oranje-Nassau vereer.
Sleigh is geprys vir sy kennis van die geskiedenis van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC), wat onder meer in sy bekroonde boek, Eilande, neerslag vind. Sy betrokkenheid by die bewaring van VOC-dokumente, die Raad van die Kasteel de Goede Hoop en talle ander kultuurorganisasies is ook tydens die geleentheid genoem:
In sy huldigingstoespraak het De Waal Sleigh beskryf as ’n man met ’n passie vir die geskiedenis van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) aan die Kaap.
Hy het bespiegel Sleigh se geesdrif kan teruggevoer word na die feit dat hy ’n afstammeling is van die Amsterdamse skipper Klaas Acker
Boekbesonderhede
Foto te danke aan Beeld
» read article
by Chris on May 10th, 2012
It is the beginning of the long winter holidays and for Victor it means another boring stay in the children’s home. But things very quickly change when he happens to stumble upon the weird woman living down the street.
Ia de Goede’s hands can do no wrong, especially when she is making her famous milk tarts. Victor, however, soon finds out what evil those hands can really do when you get into their firing line.
He and his friends, Jenny and Flute, will have to act fast if they want to save their school, and for that matter, the world.
This is a chilling story with lots of blood curdling surprises that will also be enjoyed by older readers.
Old Aunty Claws is the fourth book in François Bloemhof’s Chillers series.
About the author
François Bloemhof was born on 15 September in Paarl. He started writing after his English teacher gave him 97% for a short story in grade 11. He matriculated at Tygerberg High School and studied at Stellenbosch University. In 1992 he obtained a Master’s degree in Afrikaans literature. He appeared on the South African literary scene in 1991 as De Kat prize winner for his debut novel Die nag het net een oog. Then followed Koue soen, a finalist in the 1994 Sanlam/De Kat/Kuns op Een novel competition as well as in the M-Net competition.
He later also started writing for younger readers, and received four ATKV Children’s Book awards (a competition in which young readers select their most popular books) and won the Sanlam Prize for Youth Literature for youth novels such as Slinger-slinger and Nie vir kinders nie. In 2007 he came second in the MML Literature Award with Stad aan die einde van die wêreld. More than 300 of his short stories, mostly written under pseudonyms, have appeared in magazines. He lives in Durbanville and is a part-time copywriter, translator and editor.
Book details
» read article
by Chris on May 10th, 2012
Die ergste plaag denkbaar tref Laerskool Tierkop: kopluise! Nina en Jessie kom toevalllig af op bewyse dat dié plaag deur ‘n tydelike onderwyseres, juf. Morkel, begin is. Maar waarom sal sy die skool se naam skade wil doen? En hoe gemaak om die luise uit te roei, EN die skuldige aan die kaak te stel?
Die hoof en ander onderwysers sal mos nooit twee graad vyfs se storie glo nie. Gelukkig is die Entrepreneursdag om die draai, en Nina en Jessie weet presies hoe om hulle plan uit te voer. Hulle het net die hele skool se samewerking nodig…
Oor die outeur
Elizbè van der Colff het in Bellville en Oudtshoorn grootgeword. Na skool behaal sy haar B. Arbeidsterapie graad. Hierna spesialiseer sy in kinderontwikkeling en bestuur haar eie privaatpraktyk. Sy skryf twee artikels oor kinderontwikkeling wat in Baba en Kleuter gepubliseer is. Elizbè woon saam met haar man, Nico en hulle drie kinders in De Tijger, Parow.
Oor die illustreerder
Chris Venter is ‘n vryskutkunstenaar van Kaapstad. Hy het onder meer die Speurhond Willem-reeks geïllustreer.
Boekbesonderhede
» read article
by Chris on May 9th, 2012
’n Komeet is op pad na die Aarde en niemand weet wat om te doen nie! Twee vriende, Moemin en Snifsnaf, onderneem ’n reis na die Eensame Berge om die professors met die groot teleskoop te raadpleeg.
Op pad ontmoet hulle allerhande interessante karakters – soos Boeboe, die wêreldreisiger, en die Hemulen wat hulle met ’n skoenlappernet uit ’n ondergrondse tonnel red. Hulle avontuur sorg vir noue ontkomings van gevare soos krokodille en reuse-akkedisse. En op pad terug red Moemin die mooie Snorkmeisie, Moemy, van ‘n giftige bos . . . en hy is nooit weer dieselfde nie.
Maar gaan die komeet hulle pragtige vallei tref en alles verwoes?
Avontuurlik, humoristies, universeel, vol diepgang en emosie…oud en jonk sal Moemin en die komeet bekoorlik vind.
Oor die outeur
Tove Jansson (1914-2001) is gebore in Helsinki, Finland. Die eerste Moemin-boek was ‘n grafiese roman getiteld The Moomins and the great flood. Die Moemin-verhale verskyn ook in verskillende formate, onder andere kortverhale, prenteboeke en strippe. Jansson is steeds een van Finland se bekendste en mees gewilde skrywers en die Moemin-handelsmerk is een van Finland se belangrikste uitvoerprodukte! Daar bestaan selfs ’n museum vir die karakters in Tampere en ’n Moemin-pretpark, Moomin World, in Naantali. Die Moemin-verhale is reeds in 34 tale vertaal en verwerk vir TV, radio, film en selfs opera.
In 1966 ontvang Jansson die Hans Christian Anderson-Prys vir haar bydrae tot kinderliteratuur. Haar werk word vergelyk met dié van J.R.R. Tolkien en Lewis Carroll.
Boekbesonderhede
» read article
by Chris on May 9th, 2012
From the First Kiss by Zanele Nondzimba is the latest title from Sapphire Press:
Thando Msewu is a bright young twenty-eight-year-old with a no-nonsense attitude towards life and love. She works as a communications team leader in Pretoria, and is completing a doctorate in media studies. She has sworn off men after her last boyfriend cleaned out her bank account and left her with nothing but twenty rand and her dignity hanging in the balance.
So when business mogul Mandla Kunene tries to chat her up at the local gym, she’s determined to give him the cold shoulder. But there is something about the stutter Mandla is trying to hide that softens Thando to the seemingly over-confident man . . .
About the Author
Born in Port Elizabeth, Zanele Nondzimba spent a great deal of her childhood travelling between Durban and PE. She started writing short stories from the age of ten. After completing her schooling at St. Dominic’s Priory High in PE, she went on to study at the Nelson Mandela Metropolitan University graduating in 2007 with a master’s degree in media studies. She is currently a communication specialist and editor at Metropolitan Retirement Administrators, based in Johannesburg. She has written and had published articles and short stories for South African newspapers and magazines. Zanele is a huge fan of jazz music and a lover of theatre.
Book details
» read article
by Chris on May 9th, 2012
Kwela en Exclusive Books nooi jou hartlik uit na die bekendstelling van Die staat teen Anna Bruwer deur Anchien Troskie in Port Elizabeth.
Op Donderdag 17 Mei sal Troskie by Exclusive Books in die Walmer Park-winkelsentrum oor haar nuutste boek, die opvolg op Dis ek, Anna, gesels.
Sien jou daar!
Besonderhede van die bekendstelling
Boekbesonderhede
» read article
by Chris on May 8th, 2012
Met die heruitgawe van Etienne Leroux se eerste drie romans in een band as Die eerste siklus, het Kirby van der Merwe by Stephen le Roux, die skrywer se enigste seun, op hul familieplase gaan kuier. Van der Merwe besoek onder meer Leroux se graf en die plaas Janee waar die skrywer gewoon en geboer het:
‘Jy kan ’n omgewing en sy mense beskryf, jy kan kleure, voorwerpe en geluide opnoem, veralgemeen oor tipes, en die geskiedenis nagaan. Uit hierdie materiaal kry ’n plek vir elkeen ’n ander gestalte en skep elkeen vir homself ’n transendentale wêreld wat die eensaamheid van die enkele mens vir die soveelste keer bewys, want jou eie ‘ware’ beeld is onvatbaar vir iemand anders,” skryf Etienne Leroux in sy essay “Vormloos soos die landskap” in die 1967-bundel Son op die land.
Hy vervolg: “Ek onthou die sonlig deur my venster een oggend baie jare gelede, op ’n plaas in die Suidwes-Vrystaat, en ek word meteens met ’n verlange vervul na iets wat miskien nooit bestaan het nie. Dis ’n landskap wat isolasie beklemtoon…”
Boekbesonderhede
» read article
by Chris on May 8th, 2012
“O, HELP,” kekkel Hen.
“Die Stadsvos kom ons opvreet!”
Dis die jong meneer Vos se eerste besoek aan die platteland en hy’s rasend honger.
“Wie’s my ontbyt?” grom hy en lek sy lippe af.
Die plaasdiere is dol van vrees, maar Bul het ’n plan…Sal hulle die Stadsvos kan flous?
Dié skreeusnaakse storie en lewendige illustrasies sal julle laat rol van die lag.
Oor die outeur
Claire Freedman woon in Essex. Sy het voorheen vir die BBC en Harrods gewerk, maar skryf nou voltyds. Sy het al verskeie kinderboeke geskryf, soos A Kiss Goodnight, Snuggle Up, Sleepy Ones and On This Special Night wat ook by Little Tiger Press verskyn het.
Hierdie lieflike slaaptyd-storieboek bevat 17 kort dierestories, net reg vir peuters en kleuters van 1 tot 4 jaar. Dit is pragtig geïllustreer en in ’n duursame hardeband formaat wat perfek is om weer en weer gelees en geniet te word!
Dit is die perfekte boek om met kleintjies te deel voor slapenstyd en is net die ding om te help om hulle gelukkig en tevrede droomland toe te stuur ná ’n besige dag.
Boekbesonderhede
» read article
by Chris on May 8th, 2012
In this fifth novel by the award-winning poet and writer Ken Barris, life in the 1960s in Port Elizabeth comes under the microscope. Life Underwater tells the story of the three Machabeus brothers: Jude, Simon and younger Eli, first as children and teenagers, and then as grown men upon the death of their father.
While there may be nothing new under the sun, in the hands of a writer as skilled as Barris the material of family life is here wrought into something compelling, beautiful and visceral – magnifying the tragedies, and singular triumphs, of the everyday.
“Ken Barris’s skilled writing . . . moulds the ordinary into something extraordinary and impresses upon the audience a range of emotions that linger long after the last line has been read.” — Sunday Independent
About the author
Ken Barris has won various literary awards, including the M-Net Book Prize, the Ingrid Jonker Prize, the Thomas Pringle and the Vita Award. He has been short-listed for the Commonwealth Prize for Best Book in Africa, and twice for the Caine Prize for African Writing. Life Underwater is his fifth novel. His previous novel, What Kind of Child, was published by Kwela Books in 2006. Barris lives in Cape Town, works at Cape Peninsula University of Technology, has three children, and too little time for writing.
Book details
» read article