Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Archive for the ‘Sport’ Category

Video: Wim van der Berg gesels oor 150 Jaar van Suid-Afrikaanse rugby

150 Jaar van Suid-Afrikaanse RugbyNaas Botha was volgens Wim van der Berg die beste Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat hy nog ooit sien speel het. Die “waardigste drie” in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby is volgens hom dié van Pierre Spies snr in 1975. Mannetjies Roux s’n in 1962 was net so pragtig.

Ja, daar is beslis baie hoogtepunte in ons land se rugbyloopbaan, meen Van der Berg. Kwêla het by hom gaan kuier om oor sy boek 150 Jaar van Suid-Afrikaanse rugby te gesels:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

Wim van der Berg se 150 Jaar van Suid-Afrikaanse rugby by Exclusive Books Mimosa bekendgestel

150 Jaar van Suid-Afrikaanse RugbyWim van der Berg het onlangs tydens die bekendstelling van sy boek 150 Jaar van Suid-Afrikaanse rugby in Exclusive Books, Mimosa Mall, met Helgard Müller, oud-Cheetah- en Springbokrugbyspeler, in gesprek getree. André Damons van Volksblad het gaan luister hoe Van der Berg die boek saamgestel het:

WILLIAM WEBB ELLIS, die man na wie die Wêreldbekerrugby-trofee genoem is, het nie rugby begin nie. Dit is ’n bogstorie.

So sê Wim van der Berg, die skrywer van 150 Jaar van Suid-Afrikaanse Rugby.

Volgens Van der Berg, wat maande lank navorsing oor rugby en rugby in Suid-Afrika gedoen het vir die boek, dra die trofee slegs die naam William Webb Ellis omdat dit ’n mooi storie is om daaraan te koppel, maar die storie is ’n mite.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Volksblad


» read article

Video: 150 Jaar van Suid-Afrikaanse Rugby en Rugbymal lei Wêreldbeker in

150 Jaar van Suid-Afrikaanse RugbyRugbymal150 Years of South African RugbyRugby in our Blood

Ná die Springbokke se oorwinning oor die All Blacks die afgelope naweek, sien almal seker nog meer na die komende Wêreldbeker-rugbytoernooi uit. NB-Uitgewers het ‘n hele aantal rugbyboeke om die opwinding verder te verhoog. Kyk hierdie video waarin Wim van der Berg se 150 Jaar van Suid-Afrikaanse Rugby (ook beskikbaar in Engels as 150 Years of South African Rugby), sowel as Rugbymal, saamgestel deur Jaco Kirsten en Rugby in Our Blood, saamgestel deur Angus Powers, bekendgestel word:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

Dana Snyman wil rugby kyk en nie stewels nie

Op die toneelDana Snyman skryf in sy mees onlangse rubriek in Beeld dat die helderkleurige stewels wat die Springbok-span deesdae dra hom pla. Hy verlang terug na die dae van swart Admirals en sy eerste paar Olympics met die “stemmige wit strepe”:

Die ding wat my die meeste van die huidige Springbok-span pla, is nie hul onvermoë om drieë te druk nie. Ook nie hul verdagte verdediging nie.

Hul stewels – hul toks – pla my die meeste. Daardie helderkleurige, gloeiende skoeisel waarmee sommige van hulle op die veld draf. Blou. Pienk. Wit. Selfs rooi.

Boekbesonderhede


» read article

Pieter Redelinghuys gesels met Wim van den Berg oor 150 Jaar van Suid-Afrikaanse Rugby

150 Jaar van Suid-Afrikaanse RugbyHet jy geweet die Blou Bulle het die hoogste Curriebeker-wen-telling (147-8) in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby behaal? Weet jy dat Errol Tobias op 30 Mei 1981 die eerste swart speler geword om vir die Springbokke uit te draf? En sal dit jou verbaas om te hoor dat Percy Montgomery die rekord vir die meeste punte (906) in alle wedstryde vir die Bokke hou?

Hierdie is maar net ‘n paar van die feite wat in Wim van den Berg se glansboek 150 Jaar van Suid-Afrikaanse Rugby ingesluit is. Pieter Redelinghuys het met hom gesels oor minder bekende stories rakende dié sport:

Nou hiér is iets om aan te herkou: Britse soldate het rugby – of voetbal, soos dit dáái tyd in 1806 bekend was – na Suid-Afrika gebring.

Dié gewapende vleuel van die koloniale heerser het die bal in die Kaap (aanvanklik létterlik) aan die rol gekry, waarna dit mettertyd (bloot figuurlik) na skole en klubs aangegee is.

Boekbesonderhede


» read article

Irma Joubert, Dan Sleigh, Esta Steyn en meer skrywers by Vryfees 2011 (Plus: Slypskool: Wil jy fiksie publiseer?)

Dis winter en weer tyd vir die Vryfees (voorheen bekend as die Volksbladfees) wat van 12 – 17 Julie in Bloemfontein plaasvind. By dié fees laat toneel, musiek, visuele kuns, rolprente en boekgeleenthede feesgangers van die koue vergeet.

‘n Hele aantal van NB-Uitgewers se gewilde skrywers gaan by die fees aan boekbesprekinge deelneem, insluitende Irma Joubert (Tuiskoms), Dan Sleigh (Wals met Matilda), Murray la Vita (Gesprekke met Merkwaardige mense), Albert Blake (Boereverraaier), Jeanette Ferreira (Boereoorlogstories), Julian Müller (Om te mag twyfel), Esta Steyn (Droomdelwers) en Jaco Kirsten (Rugbymal). Al hierdie boekbesprekinge vind in Eksamenlokaal 4, oorkant die Callie Human-saal op die UV-kampus plaas (behalwe vir die Rugbymal-bespreking wat in Eksamenlokaal 1 aangebied word) en dit kan alles heeltemal gratis bygewoon word! Kry die volledige besonderhede hieronder. Moet dit nie misloop nie!

Tafelberg, een van NB-Uitgewers se drukname, gaan ook ‘n slypskool aanbied vir voornemende skrywers wat graag fiksie wil publiseer. Die slypskool word deur digter Danie Marais en uitgewersredakteur Francois Smith aangebied. Hulle sal van voorbeelde uit die letterkunde gebruik maak om jou skryfvaardighede te ontwikkel. Die slypskool vind van 12 – 13 Julie in Bloemfontein plaas en die koste beloop R1700. Indien jy daaraan wil deelneem, moet jy teen 20 Junie ‘n kortverhaal of twee hoofstukke uit ‘n roman vir keuring na Danita van Romburg by dvanromb@nb.co.za stuur.

TuiskomsWals met MatildaGesprekke met merkwaardige menseBoereverraaierBoereoorlogstoriesOm te mag twyfel

DroomdelwersRugbymalAl is die maan 'n misverstand'n Vrou gaan doktor toe

14 Julie 2011

Irma Joubert oor Tuiskoms: Stories oor die liefde
10:30 – 11:20
Gesprekleier: Leana Lategan
Hierdie bundel bied ’n ryk verskeidenheid stories oor onder meer geleenthede soos Kersfees en Vadersdag. Maar dis die liefde wat in vele fasette uitgebeeld word, wat die gemene deler in die bundel bly. Kom hoor hoe Irma met deernis oor haar karakters praat.

Dan Sleigh oor Wals met Matilda en Murray la Vita oor Gesprekke met merkwaardige mense
11:30 – 12:50
Die wenroman van verlede jaar se NB Uitgewers Groot Romankompetisie kom Bloemfontein toe! Gebruik jou kans en kom hoor wat die bekroonde skrywer Dan Sleigh oor Wals met Matilda sê. Murray La Vita, bekroonde joernalis, is bekend vir sy boeiende onderhoude met merkwaardige Suid-Afrikaners. Wat sy onderhoude so besonders maak, is dat hy terugstaan en die aangesproke persoon die spasie gun om na vore te kom. Kom luister na hierdie skrywer oor wie Hennie Aucamp met lof sê dat sy “vrye onderhoude oorleun biografie toe”.

Albert Blake oor Boereverraaier en Jeanette Ferreira oor Boereoorlogstories
16:00 – 17:20
In die Anglo-Boereoorlog was die stryd nie net tussen Boer en Brit nie, maar ook tussen Boer en Boer. Etlike burgers van die Boere-republieke het as joiners by die Britse magte aangesluit, terwyl ander inligting oor die Boeremagte aan die vyand verskaf het. Albert Blake het die argiewe gefynkam en vergete grafstene gevind. So het hy die nageslag van terreggesteldes opgespoor en meer lig gewerp op hoe diep die verskynsel van verraad die Afrikaner geraak het. Ook gesels Jeanette Ferreira oor die lotsbestemmende ingryping van die Anglo-Boereoorlog in die Suid-Afrikaanse samelewing en die spore wat dit op die hele bevolking gelaat het. Die boek beklemtoon opnuut hoe oorlog verpletter en hoe “verraad” ’n stukkende woord is. Kreatiewe skrywer soos sy is, behou sy die perspektief op die mens – oor wie oorlog in die eerste plek gaan.

15 Julie 2011

Julian Muller oor Om te mag twyfel
09:00 – 09:50
Gesprekleier: prof. Jan-Albert van den Berg
Julian Müller se boek is vir mense soos hy. Mense wie se geloof nie altyd maklik kom nie. En mense wat nie hul geloof kan aanbied as prestasie nie. Die skrywer beywer hom vir ’n soort Christenskap waar die gelowige toegelaat word om sy geloof te bevraagteken en “buite die boks” te glo.

Esta Steyn oor Droomdelwers
12:00 – 12:50
Gesprekleier: dr. Victor Teise
Droomdelwers speel af teen die agtergrond van die soutmyne en die granietkoppe van twee klein gemeenskappe aan die Weskus, naamlik Soutmansvlei en Vlaktevlei. Kom hoor wat Esta sê oor die uiteenlopende karakters waarvan hulle arm en ryk, asook wit en bruin, wêrelde ten nouste verweef is.

Jaco Kirsten oor Rugbymal
16:00 – 16:50
Gesprekleier: Annalize Doubell
Het Suid-Afrikaners ’n gesonde belangstelling in rugby of is hulle totaal verslaaf daaraan? In die boek verduidelik oud-Springbokke, rugbyjoernaliste en gewone ondersteuners waarom hulle so versot is op die spel. Kom luister wat Jaco Kirsten alles oor die bydraes te sê het.

  • Besoek die Vryfees-webblad vir ‘n uiteensetting van die boekprogram of kry die volledige feesprogram hieronder:

Vryfeesprogram 2011

Boekbesonderhede


Scribd.com book preview:

Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog

Logo te danke aan Entertainment Africa


» read article

Sifiso Mzobe Rejoices As Pirates Fans Finally Rewarded

Young BloodIn light of Orlando Pirates winning the Absa Premiership this weekend, Sifiso Mzobe, shortlisted for the Sunday Times Fiction Prize for Young Blood, recalls moments of hair-raising loyalty as he basks in this glorious payoff:

‘Patient like a Pirates fan waiting for the PSL title; empty as a Pirates trophy cabinet.” More jibes follow. Friends, I tell you!

Needless to say, they know nothing about being a fan of Orlando Pirates Football Club.

I’m from a family of Buccaneers. My nephew – 10 months old – already supports Pirates. That’s just how we roll. I curse when they lose. Eight years without the PSL crown is a long time, true.

Book details


» read article

Uittreksel: Louis de Villiers se bydrae tot Rugbymal, saamgestel deur Jaco Kirsten

RugbymalVan 9 September to 23 Oktober vanjaar vind die Rugby Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland plaas. Die boek Rugbymal: Stories uit die pawiljoene, wat deur Jaco Kirsten saamgestel is, is net die ding om jou in die regte luim vir hierdie groot sportgebeurtenis te plaas. Die boek bevat bydraes van oud-Springbokke, rugbyjoernaliste en gewone ondersteuners wat “rugbymal” is en oor hul liefde vir dié spel skryf.

Lees hieronder ‘n verkorte weergawe van Rapport se rugbyskrywer, Louis de Villiers, se bydrae tot die boek:

Dolores kuier uit Argentinië.

Ons is 17 jaar boesempêlle, ken mekaar van ’n rugbywedstryd op ’n ander planeet af. ’n Ander rugby-planeet, altans.

Ook goed sy’s hier, want my geheue raak onbetroubare spatsels en Google ek “Battle Of Tucumán”, land jy by ’n regte veldslag in 1812, nie by ’n rugbywedstryd in 1993 nie. Als was nie destyds op TV nie. Niks was op die internet nie. Ek verbeel ’n eindtelling van 40-12, maar dis bysaak; dit was mal, brutaal, glorieryk en skreeusnaaks en dit het daai piepklein geleentheids-patriotjie in my binneste behoorlik laat blom.

“Dolores,” vra ek, “wat onthou jy van die Slag van Tucumán?”

“Ek onthou die knaende gespoeg,” sê sy. “Fok, man, ek onthou die gespoeg en die gesing. Nie die telling nie. Ek onthou nie eens dat hulle rugby gespeel het nie.”

Almal wat ek uitvra, onthou ewe min. Dalk sukkel ons om ons geheues te vertrou. Dalk vrees ons net ons verbeel onsself hoe vuil dit was – was ’n eersterangse rugbywedstryd ooit rêrig so vuil as die Slag van Tucumán?

Boekbesonderhede


» read article

In Time for the World Cup: Angus Powers’ Rugby in our Blood

Rugby in our BloodJust in time for the Rugby World Cup, well-known South Africans (including BOOK SA member John van de Ruit) have come together to produce a book about the game they love:

Rugby – is it love or addiction?

There’s little doubt that South Africans are mad for rugby. In Rugby in our Blood some of the country’s most famous rugby fans, and a Springbok or two, put into plain words what the game means to them.

The likes of former DA leader Tony Leon, Spud author John van de Ruit and 702 talk show host John Robbie share their favourite rugby stories. Leon Schuster claims that playing pranks on his Shimla teammates kick-started his career in comedy, while former Springbok Kobus Wiese reveals a hilarious anecdote about a fellow tight forward on tour in Paris.

Some tell of life lessons learnt on and off the field, while others recall memorable moments in Springbok rugby, or the glory days of student rugby – when they could still run!

More stories:

  • “A Rugby Life” by former Springbok coach Jake White
  • “The Journey” by John Smit
  • “Rugby Diplomacy” by commentator Hugh Bladen
  • “The Ultimate Sport” by cricketer Jacques Kallis
  • “Lost Love” by Paralympic athlete Oscar Pistorius
  • “Vrystaat!” by swimmer Ryk Neethling
  • “Accidental Hero” by Schalk Burger
  • “Waiting for the Barbarians” by columnist Fred Khumalo
  • “The Rugby Brotherhood” by Bob Skinstad
  • “The Parliamentary Try-Scoring Machine” by UDM leader Bantu Holomisa
  • “What I could never leave behind” by adventurer Riaan Manser

About the editor

Angus Powers is Features Editor of Sports Illustrated magazine and has interviewed and written about virtually all of South Africa’s top rugby players, as well as many other elite South African sportsmen and women. His work has been published in Sports Illustrated South Africa, India and China. His essay “The Art of Sport” was published in the book Sport versus Art: A South African contest (April 2010).

Book details


» read article

Nuut: Rugbymal: Stories uit die pawiljoene saamgestel deur Jaco Kirsten

RugbymalNet betyds vir die Wêreldbeker verskyn ‘n versameling skrywes oor dié sport waarvoor Suid-Afrikaners so lief is: Rugbymal: Stories uit die pawiljoene.

Gesonde belangstelling of totale verslawing?

Wat maak dat soveel Afrikaanse mans (én vroue) heeltemal rugbymal is? In dié boek verduidelik oud-Springbokke, rugbyjoernaliste en gewone ondersteuners waarom hulle so versot is op die spel. Sommige vertel van waardevolle lewenslesse wat hulle op én van die veld af geleer het, terwyl ander nostalgies raak oor onvergeetlike momente in Springbok-rugby. Alles word gedek: van raserige ma’s langs hoërskoolrugbyvelde tot die uitwerking op ’n man se selfbeeld as sy span alwéér verloor.

Van die stories sluit in:

  • “Om Frik du Preez se handtekening te vra” deur Wynand Claassen (oud-Springbok)
  • “Lesse van ‘n rugby-weduwee” deur Justine Krige (vrou van Springbok-kaptein Corné Krige)
  • “Die slag van Tucumán” deur Louis de Villiers (Rapport-rugbyjoernalis)
  • “Eéndag gaan ek Nuweland toe” deur Gert van der Westhuizen (Sportredakteur van Beeld)
  • “Wat rugby my geleer het” deur Leon-Ben Lamprecht (Weg-joernalis)

Oor die samesteller

Jaco Kirsten is op 21 Januarie 1969 in Pretoria gebore. Hy word groot in Windhoek, Volksrust, Newcastle, Durban en Kimberley. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Diamantveld in Kimberley. Na skool is hy weermag toe waar hy ’n valskermsoldaat word. Jaco studeer kommunikasiekunde aan die Potchefstroomse Universiteit. Hy het daarna wydlopende werkservaring opgedoen as brandweerman, veiligheidswag, reklameman, kopieskrywer en joernalis. Hy het veral bekendheid verwerf as skrywer van die “Van Alle Kante”-rubriek in Die Burger. Ná Die Burger gaan werk hy by Weg, TopMotor en was hy ook redakteur van TopBike-motorfietstydskrif. Hy en sy vrou, Annelize, woon in Sunset Beach naby Kaapstad.

In 2008 verskyn ’n keur uit sy Die Burger-rubrieke, My kant van die saak. Hy debuteer in 2009 met sy eerste roman, Om na ’n wit plafon te staar.

Boekbesonderhede


» read article