Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Archive for the ‘Zimbabwe’ Category

Malene Breytenbach se Gister is ‘n ver land

Gister is 'n ver landMalene Breytenbach“Dis vir ons die einde van die pad hier in Zimbabwe, my dear. Ons het gister die uitsettingsbevel gekry, die Section 8-brief, wat sê dat die plaas deur die regering oorgeneem word . . .”

Wanneer Maureen Sneddon Barnard die uitsettingsbevel in Zimbabwe kry, vertrek sy met haar waardevolste besitting, die jarelange dagboeke en koerantuitknipsels wat haar lewe in Afrika karteer: een van waagmoed, uithouvermoë en dapperheid, van drome, liefde en verlies. Sy het Afrika leer ken in al sy grootsheid en sy skadukant. En sy weet: ons verblyf in Afrika is tydelik; die spore wat ons hier los, word in ‘n oogwink deur Afrika se winde weggewaai.

Gister is ‘n ver land is ‘n aangrypende roman wat temas soos besitreg, verganklikheid en verlies op roerende wyse aanspreek.

Oor die outeur

Malene Breytenbach is op 1 September 1948 in Port Shepstone gebore. Haar ouers het na Rhodesië (tans Zimbabwe) geëmigreer waar sy in die laerskool Cecil John Rhodes en die Hoërskool Chaplin in Gweru was. Op ouderdom veertien het sy na Pretoria verhuis en aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool gematrikuleer. Aan die Universiteit van Pretoria het sy die grade BA en BA(Hons) (Engels) behaal. Daarna het sy as vertaler gewerk.

Sy en haar gesin het in 1985 na Stellenbosch verhuis waar sy verder studeer het en die grade Hons, magister en DPhil in Joernalistiek, MA (Ou Nabye Oosterse Studie) en MPhil (Antieke Studie) behaal het. Sy het van 1990 tot 2008 by die Universiteit Stellenbosch gewerk, in Openbare Betrekkinge, Kommunikasie en die Stellenbosch Stigting. Tans skryf sy voltyds.

In 2005 het sy gedebuteer met ’n romanse, Palmyra Herleef, by LAPA Uitgewers. Sedertdien het sy verskeie romanses (kontemporêr, medies en histories) by LAPA en Tafelberg, NB Uitgewers gepubliseer. Sy skryf ook vir Tafelberg romanses onder die skuilnaam Marilyn Bennett. Sy het verskeie tydskrif-kortverhale en koerantartikels geskryf.

Gister is ‘n ver land, wat gaan oor die oorlog en plaasonteiening in Zimbabwe, is haar eerste roman.

Boekbesonderhede


» read article

Zukiswa Wanner: A Profile from Nigeria

Behind Every Successful ManZukiswa WannerNigerian journalist John Mwazemba spoke to Zukiswa Wanner, author of Behind Every Successful Man, late last year – and paid her a big compliment, calling her South Africa’s “latest literary wonder”.

They met in Nigeria and chatted about Lewis Nkosi, who was the inspiration behind her first book, The Madams. She also talked about being featured in O magazine and she offered new writers some useful tips:
(more…)


» read article