Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Willie Esterhuyse onthou sy geheime gesprekke met Thabo Mbeki (Plus: Uittreksel)

 
EindstrydWillie Esterhuyse bewaar steeds die notatjie wat Thabo Mbeki tydens ‘n geheime ontmoeting in 1989 in Londen aan hom oorhandig het.

“Wat ook vir my fantasties was, en ek raak daaroor wel ’n bietjie sentimenteel, is hy skryf toe vir my in Afrikaans,” het Esterhuyse aan Murray la Vita gesê tydens ‘n onderhoud oor sy boek Eindstryd: Geheime gesprekke en die einde van Apartheid.

Esterhuyse was een van die lede van die Afrikaanse “binnekring” wat op versoek van die Nasionale Intelligensiediens geheime gesprekke met ANC-leiers gevoer het, as voorloper tot die onderhandelinge wat tot die nuwe Suid-Afrika gelei het:

’n Oproep uit Pretoria het ’n Stellenbosse filosoof se lewe, en die koers van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, onherroeplik verander.

Prof. Willie Esterhuyse staan in sy studeerkamer met ’n wit plastiekroomysbak in die hand.

Daaruit haal hy twee stukke papier. Een is ’n A4-groot gelinieerde vel aan albei kante gevul met woorde in swart ink. Dit is sy handskrif.

Lees uittreksels uit Eindstryd waarin Esterhuyse onder meer beskryf hoe Winnie Mandela op ‘n vliegtuig met NP-minister Kobie Coetsee gaan gesels het, waarna hy besluit het om Nelson Mandela in die hospitaal te gaan besoek:

Dis een van die groot historiese ironieë van Suid-Afrika se oorgangsproses na ’n inklusiewe demokrasie: Die vurige en charismatiese Winnie Mandela, toe nog die vrou van die politieke gevangene Nelson Mandela, gooi ’n tou uit na die NP-minister Kobie Coetsee, ’n gebeurtenis wat eindelik sou lei tot Mandela se ontmoeting met P.W. Botha in Tuynhuys, Kaapstad, op 5 Julie 1989.

Winnie Mandela, op pad om haar man in die hospitaal te gaan besoek (Mandela is in November 1985 in die Volkshospitaal in Kaapstad opgeneem vir ’n prostaatoperasie), was op dieselfde vliegtuig as Kobie Coetsee, wat by Jimmy Kruger as minister van justisie, polisie en gevangenisse oorgeneem het. (Kruger het Winnie Mandela in 1977 na Brandfort, ongeveer 60 kilometer vanaf Bloemfontein, verban.)

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Beeld

Kyk die lokprent vir Kelder deur Gerda Taljaard

KelderIn Gerda Taljaard se nuwe roman, Kelder, lees Esmerelda, ‘n skrywer van liefdesverhale, ‘n koerantberig oor ene Sus Niemand wat vyftig jaar tevore ‘n string babas op ‘n plaas gehad het en hulle byna almal doodgemaak het. Sy word so aangegryp deur die verhaal dat sy ‘n kreatiewe herskepping daarvan begin skryf.

Sus spook as’t ware by Esmerelda. Waarom het sy dit gedoen en waarom voel Esmerelda so aangetrokke tot ‘n verhaal oor kindermoorde?

Kyk die lokprent vir Kelder om jou nuuskierigheid verder te prikkel:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede

@NBPublishers Twitter Weekly Updates for 2012-05-13

Dan Sleigh met Nederlandse ridderorde vereer

 
EilandeWals met MatildaTydens ‘n seremonie by die Kasteel in Kaapstad is Dan Sleigh Maandagaand met die koninklike Nederlandse onderskeiding Ridder in die Orde van Oranje-Nassau vereer.

Sleigh is geprys vir sy kennis van die geskiedenis van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC), wat onder meer in sy bekroonde boek, Eilande, neerslag vind. Sy betrokkenheid by die bewaring van VOC-dokumente, die Raad van die Kasteel de Goede Hoop en talle ander kultuurorganisasies is ook tydens die geleentheid genoem:

In sy huldigingstoespraak het De Waal Sleigh beskryf as ’n man met ’n passie vir die geskiedenis van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) aan die Kaap.

Hy het bespiegel Sleigh se geesdrif kan teruggevoer word na die feit dat hy ’n afstammeling is van die Amsterdamse skipper Klaas Acker

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Beeld

Introducing the Fourth in Francois Bloemhof’s Chillers Series: Old Aunty Claws

Old Aunty ClawsIt is the beginning of the long winter holidays and for Victor it means another boring stay in the children’s home. But things very quickly change when he happens to stumble upon the weird woman living down the street.

Ia de Goede’s hands can do no wrong, especially when she is making her famous milk tarts. Victor, however, soon finds out what evil those hands can really do when you get into their firing line.

He and his friends, Jenny and Flute, will have to act fast if they want to save their school, and for that matter, the world.

This is a chilling story with lots of blood curdling surprises that will also be enjoyed by older readers.

Old Aunty Claws is the fourth book in François Bloemhof’s Chillers series.

About the author

François Bloemhof was born on 15 September in Paarl. He started writing after his English teacher gave him 97% for a short story in grade 11. He matriculated at Tygerberg High School and studied at Stellenbosch University. In 1992 he obtained a Master’s degree in Afrikaans literature. He appeared on the South African literary scene in 1991 as De Kat prize winner for his debut novel Die nag het net een oog. Then followed Koue soen, a finalist in the 1994 Sanlam/De Kat/Kuns op Een novel competition as well as in the M-Net competition.

He later also started writing for younger readers, and received four ATKV Children’s Book awards (a competition in which young readers select their most popular books) and won the Sanlam Prize for Youth Literature for youth novels such as Slinger-slinger and Nie vir kinders nie. In 2007 he came second in the MML Literature Award with Stad aan die einde van die wêreld. More than 300 of his short stories, mostly written under pseudonyms, have appeared in magazines. He lives in Durbanville and is a part-time copywriter, translator and editor.

Book details

Nuut: Nina en die wacky hare deur Elizbe van der Colff

Nina en die wacky hareDie ergste plaag denkbaar tref Laerskool Tierkop: kopluise! Nina en Jessie kom toevalllig af op bewyse dat dié plaag deur ‘n tydelike onderwyseres, juf. Morkel, begin is. Maar waarom sal sy die skool se naam skade wil doen? En hoe gemaak om die luise uit te roei, EN die skuldige aan die kaak te stel?

Die hoof en ander onderwysers sal mos nooit twee graad vyfs se storie glo nie. Gelukkig is die Entrepreneursdag om die draai, en Nina en Jessie weet presies hoe om hulle plan uit te voer. Hulle het net die hele skool se samewerking nodig…

Oor die outeur

Elizbè van der Colff het in Bellville en Oudtshoorn grootgeword. Na skool behaal sy haar B. Arbeidsterapie graad. Hierna spesialiseer sy in kinderontwikkeling en bestuur haar eie privaatpraktyk. Sy skryf twee artikels oor kinderontwikkeling wat in Baba en Kleuter gepubliseer is. Elizbè woon saam met haar man, Nico en hulle drie kinders in De Tijger, Parow.

Oor die illustreerder

Chris Venter is ‘n vryskutkunstenaar van Kaapstad. Hy het onder meer die Speurhond Willem-reeks geïllustreer.

Boekbesonderhede

Die liewe, lawwe karaktertjie is terug in ‘n nuwe boek, Moemin en die komeet

Moemin en die komeet’n Komeet is op pad na die Aarde en niemand weet wat om te doen nie! Twee vriende, Moemin en Snifsnaf, onderneem ’n reis na die Eensame Berge om die professors met die groot teleskoop te raadpleeg.

Op pad ontmoet hulle allerhande interessante karakters – soos Boeboe, die wêreldreisiger, en die Hemulen wat hulle met ’n skoenlappernet uit ’n ondergrondse tonnel red. Hulle avontuur sorg vir noue ontkomings van gevare soos krokodille en reuse-akkedisse. En op pad terug red Moemin die mooie Snorkmeisie, Moemy, van ‘n giftige bos . . . en hy is nooit weer dieselfde nie.

Maar gaan die komeet hulle pragtige vallei tref en alles verwoes?

Avontuurlik, humoristies, universeel, vol diepgang en emosie…oud en jonk sal Moemin en die komeet bekoorlik vind.

Oor die outeur

Tove Jansson (1914-2001) is gebore in Helsinki, Finland. Die eerste Moemin-boek was ‘n grafiese roman getiteld The Moomins and the great flood. Die Moemin-verhale verskyn ook in verskillende formate, onder andere kortverhale, prenteboeke en strippe. Jansson is steeds een van Finland se bekendste en mees gewilde skrywers en die Moemin-handelsmerk is een van Finland se belangrikste uitvoerprodukte! Daar bestaan selfs ’n museum vir die karakters in Tampere en ’n Moemin-pretpark, Moomin World, in Naantali. Die Moemin-verhale is reeds in 34 tale vertaal en verwerk vir TV, radio, film en selfs opera.

In 1966 ontvang Jansson die Hans Christian Anderson-Prys vir haar bydrae tot kinderliteratuur. Haar werk word vergelyk met dié van J.R.R. Tolkien en Lewis Carroll.

Boekbesonderhede

Introducing Zanele Nondzimba’s From the First Kiss

From the First KissFrom the First Kiss by Zanele Nondzimba is the latest title from Sapphire Press:

Thando Msewu is a bright young twenty-eight-year-old with a no-nonsense attitude towards life and love. She works as a communications team leader in Pretoria, and is completing a doctorate in media studies. She has sworn off men after her last boyfriend cleaned out her bank account and left her with nothing but twenty rand and her dignity hanging in the balance.

So when business mogul Mandla Kunene tries to chat her up at the local gym, she’s determined to give him the cold shoulder. But there is something about the stutter Mandla is trying to hide that softens Thando to the seemingly over-confident man . . .

About the Author

Born in Port Elizabeth, Zanele Nondzimba spent a great deal of her childhood travelling between Durban and PE. She started writing short stories from the age of ten. After completing her schooling at St. Dominic’s Priory High in PE, she went on to study at the Nelson Mandela Metropolitan University graduating in 2007 with a master’s degree in media studies. She is currently a communication specialist and editor at Metropolitan Retirement Administrators, based in Johannesburg. She has written and had published articles and short stories for South African newspapers and magazines. Zanele is a huge fan of jazz music and a lover of theatre.

Book details

Bekendstelling van Die staat teen Anna Bruwer by Exclusive Books Walmer Park

Uitnodiging - Bekendstelling van Die staat teen Anna Bruwer deur Anchien Troskie

 
Die staat teen Anna BruwerKwela en Exclusive Books nooi jou hartlik uit na die bekendstelling van Die staat teen Anna Bruwer deur Anchien Troskie in Port Elizabeth.

Op Donderdag 17 Mei sal Troskie by Exclusive Books in die Walmer Park-winkelsentrum oor haar nuutste boek, die opvolg op Dis ek, Anna, gesels.

Sien jou daar!

Besonderhede van die bekendstelling

Boekbesonderhede

Kirby van der Merwe besoek Etienne Leroux se plaas en graf

 
Die eerste siklusMet die heruitgawe van Etienne Leroux se eerste drie romans in een band as Die eerste siklus, het Kirby van der Merwe by Stephen le Roux, die skrywer se enigste seun, op hul familieplase gaan kuier. Van der Merwe besoek onder meer Leroux se graf en die plaas Janee waar die skrywer gewoon en geboer het:

‘Jy kan ’n omgewing en sy mense beskryf, jy kan kleure, voorwerpe en geluide opnoem, veralgemeen oor tipes, en die geskiedenis nagaan. Uit hierdie materiaal kry ’n plek vir elkeen ’n ander gestalte en skep elkeen vir homself ’n transendentale wêreld wat die eensaamheid van die enkele mens vir die soveelste keer bewys, want jou eie ‘ware’ beeld is onvatbaar vir iemand anders,” skryf Etienne Leroux in sy essay “Vormloos soos die landskap” in die 1967-bundel Son op die land.

Hy vervolg: “Ek onthou die sonlig deur my venster een oggend baie jare gelede, op ’n plaas in die Suidwes-Vrystaat, en ek word meteens met ’n verlange vervul na iets wat miskien nooit bestaan het nie. Dis ’n landskap wat isolasie beklemtoon…”

Boekbesonderhede